Die Cricket World Cup in 2019 was ‘n fokken disaster vir die Proteas gewees. En ek sê “was” asof dit al ‘n ruk lank verby is, maar actually word die final eers komende Sondag gespeel en op hierdie stadium is dit enige iemand se raaiskoot wie met die beker gaan wegstap by Lords. Wat ek wel weet is dat ek Vrydag reeds my hangover snacks moet gaan koop en gaan seker maak die heater het genoeg gas vir Sondag se game, want ek gaan moerse huilerig wees na Fokofpolisiekar se Sweet 16 party by Loftus.
Ons kan nou wel nie meer vir die Proteas skree hierdie week nie maar wat van ons sokkerspan? Is dit nie tyd dat ons hierdie double barrel laities weer bietjie ‘n kans gee nie? Die ouens lyk vir ‘n slag energiek en lus vir ‘n groot oorwinning in hierdie jaar se Africa Cup of Nations. Hulle het dit actually reggekry om vir die quarterfinals te qualify. En nie hoe nie! Hulle het die host nation, Egipte, met ‘n 1-0 victory vir Uber laat bel.
“Atul, jy kan net daar om die hoek stop. Ek bly nie te vêr nie…”
*vee trane af*
*3-ster rating*
Dit was die Absa Premiership Speler van Die Jaar, Thembinkosi Lorch, wat sake met Egiptenare gesettle het in die 85ste minuut. Wat ‘n fokken goal!
Checkityt:
Daai was fokken netjies, huh? Danksy Lorch, stap hy en sy Bafana Bafana spanmaats elkeen sover met R520k SAFA-bonusse weg omdat hulle met hierdie oorwinning vir die quarter finals gekwalifiseer het. Dis ‘n long shot, maar as hulle die hele besigheid wen, score elkeen ‘n verdere R920k. Die moeilike game vind egter vanaand om 21:00 plaas, Stuart Baxter se span moet nou die geveg van hulle lewens opsit teen Nigeria. Dis ons derde clash ooit in die AFCON. As hulle vanaand die knoop deurhaak, kry elke speler ‘n R670k bonussie. Vir julle ouens in Pretoria-Noord: daai is serious Frond Ranger tjieng. Geld is nie alles nie, maar hopelik is dit dalk net die motivering wat hulle nodig het.
Dit gaan beslis nie maklik wees nie. Die manier waarop die Super Eagles tot hierdie rondte deurgedring het was nogal ‘n riller. Hulle het twee 1-0 oorwinnings in die group stages gehad voor hulle teen Madagaskar verloor het om tweede te eindig in Group B. Hulle het daarna op ‘n dramatiese wyse met die verdedigende kampioene, Cameroon, afgereken in ‘n 5-goal riller en hulle eventually met 3-2 gewen. Daar is dus ‘n mate van teenstrydigheid in hulle spel en dit maak hulle dalk nog gevaarliker want hulle speel sokker soos wat Donald Trump tweet. Niemand weet wat die next move is nie. Hulle kaptein, Job Obi Mikel bring ook baie ervaring na die middelveld terwyl Moses Simon vir Levante jol en Arsenal se Alex Iwobi ook grootskaalse kak aanrig…
Die ouens om voor uit te kyk vanaand:
Bafana se nommer 1 kakmaker:
Bongani Zungu is about die hele fokken tyd by die bal. Dis genoeg vir my. Sa! Vat hom, Frikkie!
Nigeria se nommer 1 kakmaker:
Alex Iwobi het die wendoel teen Cameroon geskop. Plus ons het hierbo reeds na sy impressive CV verwys. Gevaarlike fokken forward.
Kyk, ek het ‘n sagte plekke vir Nigeria se span omdat ek vir vier jaar lank in Nigeria gewoon het, so ek sal nie te veel huil as hulle wen nie – hulle is ‘n fantastiese nasie, maar ek hoop fokken kliphard in my binneste dat Bafana Bafana vanaand hard gat gaan skop! Enige iets kan gebeur, I guess. Ek weet mens moenie jou geld net op een perd sit nie, maar ek is bereid om my spaarvarkie oor Thembinkosi Lorch se kop te breek vir hierdie match! Hy het sy wendoel teen Egipte opgedra aan sy broer wat verlede week in die Vrystaat oorlede is.
In case jy vergeet het of onbewus was daarvan – Showmax het so rukkie terug begin om sport tot hulle arsenaal toe te voeg. Jy kan vanaand se AFCON match tussen Bafana Bafana en Nigeria live op Showmax kyk wanneer hulle 21:00 afskop om mekaar die stryd aan te sê!
As jy nie ‘n subscriber is nie, klap sommer die 14-dae free trial. Daarna betaal jy slegs R99 per maand en jy kan stop wanneer jy wil, want daar is geen kontrakte nie, maar die kans is dat jy by hulle sal bly. Daar is kakbaie goed om te kyk…
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.