Van vandag af *trompetgeskal* is sport officially op Showmax se spyskaart in Suid-Afrika! Dit geld nie net vir jou regular magazine tipe shows nie, want die ouens by Showmax vat uiteindelik daardie leap of faith met hulle nuwe vermoë om games te live stream en dis ‘n eerste vir Suid-Afrika! Wel, tegnies ‘n tweede, want jy kan reeds sport stream van die DStv Now app af ook, maar ek verstaan hulle punt – as apparte en selfstandige entity as ‘n streaming service, is dit ‘n eerste vir ons land in terme van live sport streaming. Dis eintlik nogal ‘n big deal. TV is al 43 jaar lank in Suid-Afrika, die internet is al vir 25 jaar lank soortvan populêr en streaming in sy geheel is nog nie eers 10 jaar oud nie…
Maar terug by die sport – dink gou bietjie terug aan hoe sport aangebied was in die dae voor DStv en die interweb op die…
*Donald Trump stem*
… failing and very low IQ and nasty SABC:
Daai was fokken harde tye, bra. TopSport. Bestaan dit nog? Noddefok kon jy sport kyk op ‘n weeksdag nie because it simply did not exist. En Sondae het pappa die fokken gholf, die fokken Grand Prix of die fokken tennis aangesit in jou kosbare Zet en Heidi-tyd. Fok jou, Seve Ballesteros, fok jou Ayrton Senna en fok jou Martina Navratilova! Ek was ‘n kind! Al die trane. Ek kan tot vandag toe nie gholf stomach nie. Die res is ek actually fine mee…
Ons is deesdae spoilt vir choice as dit by sport kom en dit het ons in doserige spoilsports verander. Vir een of ander rede kan ons nie genoeg van balle van verskillende shapes en sizes kry nie. Maybe is Suid-Afrika eintlik meer balbefok as wat ons sportbefok is? Krieket, rugby, sokker, tennis. gholf. Al die fokken bal. Die bal maak ons mal! Veral die eiertipe – dis ook meeste mense se oorweging wanneer dit kom by hoe hulle al daai hardverdiende zak op TV spandeer. “Ja, as dit nie vir die sport was nie …”
Jou moet vir my bietjie kalmeer, Kallie. Jy hoef nie die hele blêssetse naweek sport te kyk nie…
Daar is nou uiteindelik ‘n oplossing vir ‘n baie spesifieke segment van die TV-sportmark – mense soos ek (en hopelik sommige van julle) wat wel sport geniet, maar soos ‘n kaklekker, duur cognac – in moderasie met waardering. Klein slukkies uit ‘n fancy kristalglas. Dis onnodig om na elke blerrie sportkanale te kyk wat handjietennis, onderwater darts en extreme touspring broadcast. Showmax bied nou beide pre-recorded sowel as lewendige sport aan en dit behoort genoeg te wees vir sommige van ons. Hierdie inhoud sluit wel die live streaming van Suid-Afrika se games in die ICC Cricket World Cup in asook die SuperSport Rugby Challenge matches. Yay! Toets dit sommer dadelik van jou foon af terwyl jy by jou graft sit en huil omdat die naweek so naby maar tog so vêr is. As jy nog nie Showmax het nie, klap die free 14 dae trial trial. Die game tussen die Proteas en Afghanistan begin Saterdag 14:20, by the way, so test drive hom so bietije. Ek dink ons gaan wen. As dit nie fokken reën nie.
Die ander befokte nuus is dat Showmax se prys ondveranderd bly teen R99 per maand (2 pakkies skywe), so hierdie freebie is eintlik ‘n major bonus. Daarbenewens bied die nuwe sportafdeling ook uitgebreide hoogtepunte van groot sportgebeurtenisse aan, sowel as die volgende magazine-tipe sport shows wat jy live kan kyk of later mee kan opvang:
- What a Weekend
- Showcase
- Home
- The Final Whistle
- Phaka
- Inside Edge
- In Touch
- The Dan Nicholl Show
- #borntorugby
- FirstXV
Hierdie is beslis ‘n tree in die regte rigting. As ons (veral Suid-Afrika) se sport moes oorlaat aan die public broadcaster, waddefok sou van alles geword het? Die ouens by Showmax is besig om reg te maak vir die toekoms, wanneer uncapped data wyd beskikbaar en meer bekostigbaar is vir almal en wanneer video-on-demand en streaming die norm word. Dis onvermydelik. Die grootkop by Multichoice, Niclas Ekdahl, tune:
“Sport is the obvious next target and the only way to do that properly is to be able to stream it live. Adding sport to Showmax is something fundamentally new for us and it’s a big deal. We’re preparing for a future when uncapped data is affordable to all in Africa and video on demand becomes the norm. We’ve been delivering TV series and movies for almost four years and continue to see strong growth in usage. Sport is the obvious next target and the only way to do that properly is to be able to stream it live. The obvious question is where to from here? We’re going to trial a bunch of different sport content while keeping Showmax at the R99 price point, and see how our customers interact with the service. We’ll be ramping up our live game offerings with everything from selected matches from the best football leagues in Europe to streaming a wide variety of varsity and school sports.”
As jy reeds ‘n Showmax subscriber is, onthou om eers jou Showmax app te update. Die updated weergawe is op meeste platforms beskikbaar. Vir nou dit ongelukkig nie op Apple TV, Xbox, Playstation en sommige TVs beskikbaar nie, maar die mense tune hulle support dit wel binne die volgende paar maande, so hang in there. Ek het dit op ‘n Chrome browser asook Android en IOS fone en tablets getoets en dit werk sharp. Ek pleeg gewoonlik my main TV-kyk deur my LIT box (dis ‘n Android outjie) maar die Showmax app was nog nie ge-update nie. Ek het toe bloot net die Showmax app op my foon opgemaak en na die LIT box toe ge-cast en dit werk befok (sien foto links). No hassles. Natuurlik werk dit ook deur Google se Chromecast, wat by verre nog my beste en mees reliable aankoop was in terme van TV-verslaafdheid. Met daai outjie hoef jy net jou foon of tablet (wat as remote dien) se apps updated te hou…
Wie weet, dalk loop jy oor 10 jaar by Showmax-Loftus in om ‘n live game te gaan kyk, want dit lyk of Showmax dalk op die ou einde saam met SuperSport die long game beter gaan speel as die res. Is daar ‘n ‘res’? Daar is soveel potensiaal. Ek dink dis ‘n baie goeie, eerste baby step.
Check vir Kenny wat daar langs my TV chill. Loop click op sy se kop om jou free Showmax trial te begin en laat ons weet oor jou experience?
Ek gaan nou die krieket aansit en ‘n bier se nekkie knak…
Watkykjy staan op 3,091,020 post views in totaal sedert 1 November, 2019.