Ek het jare laas ‘n internasionale groep se musiek review. Rammstein het verlede maand hulle nuwe selfgetitelde album ge-drop (lucky number seven) maar ek was nog in ‘n groove metal vibe en ek kon nie dadelik in die ding in kom nie. Ek moes langer as ‘n dekade wag vir hierdie een, so ek dink ek kan ook maar my tyd vat! Alles zu seiner zeit. Kom ons kyk of ek iets kon wysraak die afgelope paar weke? Ek moet byvoeg dat ek wakker was, twaalfuur die oggend toe dit uitgereik is maar ek het dit net so half-half geluister. Die song Tattoo was die enigste song wat my dadelik beïndruk het. Sommige mense is so voorspelbaar.. tsk. Anyway, ek los toe maar die album op die rak net vir ‘n wyle om my antennas se instellings kans te gee om vanself te verander en sodat ek op die regte radioantenna gerig kon wees om dié Duitse radiogolwe met presisie op te vang.
Mens wonder maar net hoe baie die Oos-Duitsers kan eksperimenteer met verskillende en nuwe klanke wat Neue Deutsche Härte musiek aanbetref? Hoe erg kan hulle torring aan die Rammstein-vorm wat hulle self oor dekades gefatsoeneer het, voordat hulle die hele handelsmerk en karakter van die groep opfok? Hulle is duidelik nie bang om op die randjie van hulle perke te loop nie.
*Kyk so af en verloor amper balans*
Baie van julle gaan moan oor die disco en house beats. Ek weet dit sommer. Hey, dalk is daai randjie waar briljantheid floreer? Hulle was ‘n paar weke terug nommer een op die treffersparade in veertien lande (Duitsland, België, Denemarke, Frankryk, Nederland, Noorweë, Finland, Estonia, Portugal, Poland, Rusland, Switzerland, Oostenryk and Kanada). So hulle het iets reg gedoen. Mmmm, ek wonder hoekom Trumpland nie op daai lys is nie? Taalverskil? Lirieke wat oop is vir interpretasie? Rammstein se fynere nuanses kan oor jou kop waai soos global trade economics oor ‘n klomp poepholpopuliste se koppe waai.
Kom ons los vir eers die politiek. Ek sal nou daarmee deal. Ek dink ‘n groot hoeveelheid fans wat nie Duitssprekend is nie luister hulle musiek bloot as gevolg van die meer donker of aggresiewe emosies wat dit kan ontlont en kyk nie rȇrig dieper nie. My gunsteling albums van hulle is Sehnsucht (1997) en Mutter (2001), so ek is seker ook een van daai fans. Die eenvoudige gatskop riffs het my dadelik twee keer laat luister. Dis ook heavy en catchy, maar ek kan dit nou nog oor en oor luister. Du hast, wat op die eersgenoemde album is, het hulle wȇreldwye beroemdheid gegee, probably omdat dit op die soundtrack van The Matrix ingesluit is. Feuer Frei, was weer op die soundtrack van XXX en ook in een episode van CSI. Daai tipe songs is die songs wat ek kliphard wil luister as ek in my kar ry. Sover my kennis strek gaan dit meestal oor seks en geweld en dit spoor ‘n mens aan om te jaag en kanse te vat. Till Lindemann smaak mos ook van appels swaai in dodgy kroeë en as jy sy debuutalbum al gehoor het… Jirre.
Rammstein, however, skryf nie net sulke tunes nie. Hulle tunes het die afgelope paar dekades baie evolve. Met sekere songs fokus hulle meer op die hoofsanger se stadiger en dieper vocals (soms praat hy net vir ‘n paar versies) en hulle het vir seker meer kontroversieël geraak met tyd. Pussy? Jawohl! Die eenvoudige riff-gedrewe tunes was nog altyd daar, maar hulle wissel dit af met songs wat meer ingewikkelde konstruksies en uitgebreide komperklanke het. Op Reise, Reise (2004) het hulle ‘n meer gebalanseerde klank begin vervolmaak. Toe Liebe ist für alle da (2009) die aarde tref het hulle gedeeltelik teruggekeer na daai ou tight riff tunes maar ook steeds aangehou om hulle musiek verder te ontwikkel. Ek het hulle kort daarna live gesien in 2010 en dit was een moerse sensoriese en audio-visuele orgie. Wow. What a mindfuck!
Hierdie album? Wel, dit het ‘n baie vollere klank. Dit pas by die vermengde geskiedkundige en kontemporȇre politieke temas van songs soos Deutschland, Radio en Aüslander. Die klankingenieur laat hierdie een ook klinisch en schön klink. Deutschland (über allen) is ‘n ballsy song en nadat ek die video gekyk het, het dit my my mind in ‘n ander rigting gestuur oor die nuutste offering. Die berekende verandering van die ou Nazi-slagspreuk is briljant! Ek verstaan dat mense offended is daardeur, maar wat sȇ hierdie lirieke vir ons van moderne Duitsland? Duitsland bo almal? Bo elke liewe persoon in die wȇreld? Hoekom trek Rammstein so ‘n indirekte vergelyking? Ek dink nie dis net skokwaarde nie. Dink bietjie daaroor as jy weer nuus kyk. Dit gaan nie net oor Duitsland nie, dis vir seker. Ons kan net dankbaar wees om nog sulke kunstenaars in ons midde te hȇ. Kunstenaars wat nie verbode lyne sien nie maar met hulle moerse industrial boots oor moeilike terasse hardloop, nevermind trap. Iemand moet dit doen want meeste van ons is te bang.
Ja, Gott sei dank vir kunstenaars wat nie ‘n fok voel vir politieke korrektheid nie, maar kreatiewe vryheid en kuns (sonder onregverdige beperkings en sensuur) as heilig beskou. Solank dit kuns is wat ons laat dink, die regte vrae laat vra en debat aanspoor, is dit ‘n positiewe ding. Ek dink nie Rammstein ondersteun enige spesifieke politiese ideologie in hulle musiek nie, maar jy kan wel aflei watter ideologieë hulle bevraagteken. As jy nog nie het nie, gaan kyk bietjie die drie songs wat ek hierbo genoem het se videos wat ons in die artikel gepost het en luister die hele album deur.
Jy mag dalk net daarvan hou!
Watkykjy staan op 3,092,390 post views in totaal sedert 1 November, 2019.