Zefshop het so rukkie gelede ietwat van ‘n face lift gekry. Jy kan nog steeds die Watkykjy skippies koop teen discounted 2009-tipe pryse, maar daar word nou ook bietjie meer fokus geplaas op cool retro items wat vir befokte en unieke presente maak, sommige van hulle skaars en baie van hulle eg Suid-Afrikaans! Van die items is ook collector’s items, of op pad om collector’s items te word en die fokus vir die volgende paar weke gaan op langspeelplate of LPs wees. En moenie sê “vinyls” nie. Daai is nie vir ‘n fok die meervoud van “vinyl” nie., my ou.
Daar is tans 42 plate in voorraad omdat 42 die antwoord is op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en fokken alles, maar agter die skerms word daar gewerk om ‘n metrieke fokton plate in voorraad te laai soos wat die tyd toelaat. Die outjies word gecheck, skoongemaak, nuwe jassies gegee en dan moet hulle bene wys en smile vir die kamera, so dis nogal ‘n proses.
Daar is sover 9 genres om van te kies:
Afrikaans
Country
Folk
Funk/soul/world
Kinderplate
New wave
Rock
Pop
en other.
Ons kon reeds manage om ‘n tipe van ‘n top tien uit hierdie eerste batch te kies. In die country section het Dolly Pardton se 1981 album, Jolene, ons oog gevang.
Weirdly genoeg dra ons Afrikaans section die meeste gewig in ons tydelike top 10. Daar is Laurika Rauch se Stuur Groete Aan Mannetjies Roux (1990), Sias Reynecke se Sproetjies (1980), Anneli Van Rooyen se Ek Lewe (1986) en Randall Wicomb Op Sy Beste (1984) wat ‘n collector’s item.
Patricia Lewis hang rond in die pop section met Don’t Temp Me – haar debuutalbum van 1992 waarop Mauritz Lots guitar gejol het. Jy lag dalk nou, maar dis ook ‘n collector’s item, want alhoewel sy kakbaie van daai album verkoop het, was die groot getalle op CDs gewees. In die 90s het vinyl begin kak.
In die kinderafdeling (jirre, ons klink soos fokken Woolworths) is daar ook ‘n lekker collectible – Siembamba deur Tannie Jeanette Spies (1972). Dis voor meeste van ons se tyd, maar as jy ‘n kinders van die 80s is mag jy dalk vaagweg vir Otterjasie onthou toe jy op Saterdaeoggende voor die radio gesit het in jou foklelike krapperige bruin corduroy-broek om Radio Suid-Afrika te luister.
Die rock section is klein vir nou maar daar is ELO se Time wat ‘n 1981 Zimbabwean pressing is. Die oudste plaat in voorraad is ook die waardevolste plaat vir nou – The Shadows (Cliff Richard se back-up band), het in 1961 Suid-Afrika kom toer en hierdie plaat, Rockin’ Guitars (1961), feature 2 live tracks van hulle performance by die Colosseum in Joburg. Hierdie LP is destyds slegs in SA vrygestel maar in 2013 was daar ‘n remastered re-release op plaat.
Ons tiende nommertjie op die lys nie regtig ‘n persoonlike keuse nie, maar ons moet vir ou oorle Bles van V-Town ook insluit. Sy 1987 hit, Reik Na Die Sterre breek nie die bank nie en dis ‘n lekker sub-R100 prezzie om vir ‘n buddie as ‘n joke te gee vir ‘n brithday, Krimis of Krismis in July wat om die draai is. Ons sê nou dis ‘n joke, maar maybe like hy of sy dit fokken genuine! Dis ‘n lekker ietsie om agter die bar counter te hang…As jy of jou tjommie ‘n vinyl junkie is, gaan krap bietjie rond. Jy sal dalk nie dadelik iets vind nie, maar check gereeld in soos wat stock bygevoeg word. Ons sal eventually iets vir jou smaak ook hê. As daar wel ‘n spesifieke plaat is waarna jy opsoek is, drop ‘n comment en ons sal deur ons kiste krap en heelbo op die lysie sit om vir jou te laai.
Waar jy ‘n “out of stock” boodksap sien, beteken dit iemand het jou voorgespring, so dis maar first come first served, maar ons sal heeltyd op die uitkyk wees om die stock weer vir jou aant vul.
Happy shopping en tunes luister!
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.