Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Onderbroeke
Onderbroeke is bietjie van ‘n vreemde enetjie. Jy hou nie altyd daarvan om die goed te dra nie, maar jy kan ook nie sonder die blerrie goed klaarkom nie. Simpel funksies wat ons geliefde vriend die onderbroek uitvoer: dit omhels jou eiers in ‘n kosbare mandjie, dit hou kerriestrepe weg van duur klerasie af en dit steek jou ereksie op ongeleë tye weg. Dis so oninteressant, dog so nodig.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,064,448 post views in totaal sedert 1 November, 2019.