Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Nivea advertensies
As daar ooit ‘n reeks advertensies was wat girls laat simpel lyk het, is dit nou Nivea s’n. As ons, die dom publiek, hierdie advertensies glo, sal almal dink meisies is (a) heeltemal te maer, (b) altyd in kort rokkies of onderklere, en (c) baie simpel.
Dis ‘n gegiggel en gedans en gespring en gelag in die reën en goeie tye saam met vriendinnetjies geniet. In een advertensie gaan hulle sover as om tydens ‘n prettige inkopietoeg vir selluliet totsiens te waai. Vir selluliet. Wat seker besig was om in ‘n taxi oorkant die pad te klim. Die Nivea taxi. Want Nivea vat sellulietweg en dan kan meisies weer meisies wees. Ondervoed en opgewonde. Tatta!
Ek vra baie mooi dat Nivea se grootbase en besluitnemers dit moet oorweeg om die langbeen anoreksie modelle met die bleekwit velle te laat poep as hulle so strek om die roompies aan te wend. Hulle is almal in elk geval klaar in daardie compromised posisie. Fire at will!
Ek sal dadelik die room vir my meisie begin koop, ek sweer.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,064,566 post views in totaal sedert 1 November, 2019.