Kaapstad, julle gaan nou maar net moet aanvaar dat Pretoria groter rock ‘n roll gees het as julle. Check, Loftus is dalk poes zef, maar dis net wanneer die Bulle daar teen die Stormer verloor. Wanneer daar rock ‘n roll gepleeg word op Loftus se D-veld, fokken kook die plek. #supergees
Ons was op yoof day juis op die einste D-veld gewees vir RAMfest en dit was befok gewees. Check net hoe befok dit kan lyk as mens nie oor rugby hoef te huil nie:Oor so twee-en-‘n-half weke gaan Fokofpolisiekar die kak uit rugbyland jol en as daar een Fokof show is wat jy beslis nie kan misloop nie, is dit hierdie ene, want hulle beplan om dit hulle grootste show ooit te maak. Die 2-uur lange show gaan jam-packed wees met tunes wat hulle in die laaste 16 jaar saam geskryf het. Daar gaan ou classics gespeel word, al die fans se favourites en dan ook ‘n paar van die meer obskure songs wat wat die ouens se persoonlike gunstelinge is. Die tipe goed wat hulle jare laas live gespeel het.
Fuzigish en Hellcats is die opening acts, so jy kan jouself indink hoe daai energy levels sommer vroeg al opgebou gaan word. En die tickets is fokken dirt cheap. Ek het geskiem die ouens sal ‘n billike prys van ten minste R275 gevra het, maar dis maar ‘n measily R195. Daar was even ealry bird tickets in 2 fases vir R100 en R150 elk wat basically dadelik uitverkoop het, so roer jou fokken hol as jy kaartjies soek!
Johnny laai sy klavier ook op die vliegtuig om spesiale weergawes van die Monoloog in Stereo EP songs en treffers soos Komma gaan julle ook lekker aan die saamsing kry.
Ek meen, liewe fokken jirre:
Die vyf ouens mag dalk net-net suid van 40 staan, maar as Die Bende eers hulle partytjieskoene aantrek en die instumente optel word hulle ge-transport na daai tiener-energie wat jy ook kan kom beleef. Ek vermoed dat daar gaan nog lank oor hierdie show gepraat gaan word, want Fokofpolisiekar gaan hul A-game na die D-veld bring. Mark my words…
DETAILS:
FOKOFPOLISIEKAR Sweet 16 Partytjie
Datum: Saterdag, 13 Julie
Plek: Loftus D Veld (Pretoria)
Deure maak oop: 11am
Vertoning begin: 12pm
Vertoning eindig: 7pm
Kaartjies: R195 by http://bit.ly/fokofsweet16
Facebook event page: https://www.facebook.com/events/2319865531595589/
Wat kan jy verwag:
- ‘n 2-uur lange FOKOF shows soos nog nooit tevore
- FOKOF songs wat jy jare laas live gehoor het
- ‘n Partytjiegees soos min! Die band gaan baie moeite insit om seker te maak die event is super spesiaal
- Fuzigish en Hellcats om die partytjie mee af te skop
- ‘n Befokte wintersdag saam met befokte like-minded mense in ‘n veilige omgewing
- Bekostigbare kaartjie pryse
- Bekostigbare kroegpryse
Foto’s geneem deur André Badenhorst by Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2019.
[line]
![]() |
Alyssa Milano – Alyssa (1989) – R150.00
Alyssa Milano – Alyssa vinyl album. Cover sleeve has some wear & tear but vinyl in good condition. Rare find.
|
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.