Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Mr Delivery
Die Mr Delivery-konsep is goed. Stedelinge is lui. Eerstens te lui om self kos te maak en tweedens te lui om wegneem-etes te gaan optel. Geen skande daarin nie, ons maak genoeg geld om iemand te betaal om ons kos vir ons te bring. Ongelukkig is die konsep van Mr Delivery en kitskos nie versoenbaar nie. Steers vat so ses minute om jou Schalk Burger-burger en chips voor te berei. Dit vat Mr Delivery dan ‘n allemintige uur en veertien minute om jou kos op te tel, te laat koud word, in die verpakking rond te skud en tot by jou huis te kry. En jy bly net tien minute van Steers af – as jy al die robotte rooi vang.
Na die lang wag en ‘n paar sinnelose opvolgoproepe daag Mr Delivery uiteindelik op – gewoonlik ‘n armsalige karakter met beperkte kommunikasievermoë, onvoldoende kleingeld en ‘n verbleikte, vuil uniform. Bietjie soos die verslete aartsengel van luiheid, gestuur om jou sleg te laat voel oor jou rykgatledigheid.
Vat so! Hier’s jou fokken kos!
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,083,270 post views in totaal sedert 1 November, 2019.