Dis vandag Blue Origin se elfde vlug en hulle styg in West Texas op. Dit sal ‘n onbemande vlug wees en die rocket sal die suborbital capsule, die New Shepard dra – dis nou die gedeelte wat soos ‘n pielkop met venstertjies lyk. New Shepard is vernoem na Alan Shephard wat in May 1961 die eerste Amerikaner was wat space toe gegaan het. Dit klink lomp, maar ek weet nie hoe om dit anders te stel nie. Ek laat dit klink asof ‘space’ ‘n bestemming is. Soos Checkers. Jy gaan nou probably met my stry en tune Yuri Gagarin was eerste bra, maar a) hy is ‘n fokken Russian b) ek is dronk en c) fok jou.
Vandag se onbemande mission is seker om te kyk of dit safe is vir mense, want die doel van die New Shephard capsule gaan eventually kommersieël van aard wees – om kakryk mense op te stuur en befokte views in space te offer. So indien jy al voor jou gebeoorte begin zak spaar het of ‘n bank wil beroof kan jy ook die blou bolletjie waarop ons bly teen die pikswart backdrop van die buiteruim kokkenodge. Die eerste betaalde vlugte kan so gou as hierdie jaar al plaasvind. Blue Origin het nog nie laat weet wat ‘n sitplek jou gaan terugsit nie, maar ons laat jou weet sodra ons die info het.
Hierdie vuurpeilpiel vat egter ook allerhande vragte vir scientific studies en shit. Op vandag se trippie is daar 9 ‘studies’ wat saamvlieg. Dit sluit in ‘n 3D printing toets wat moontlik kan help met space manufacturing vir toekomstige iglo’s op die maan. Daar is ook ‘n sub-orbital centrifuge vir life-science studies (jy weet, die tipe vakke waarvoor kinders deesdae net 30% hoef te kry in matriek) en dan is daar ook ‘n ondersoek om te kyk wat maak space dust en moon dust. Die van julle wat hard core drugs doen ken seker daai antwoord self.
Die vorige mission het net oor die 10 minute geduur en die rocket het ‘n hoogte van 107km bereik. Om jou ‘n idee te gee – dis net-net hoër as wat Steve Hofmeyr tans op sy eie ego trip is.
Die main rede hoekom jy hierdie graag sal wil kyk is omdat die New Shephard se rockets herwinbaar is en vertikaal terugkeer aarde toe. Dis nogal iets fokken spectacular om te aanskou. Die Blue Origin company behoort aan God’s rykste seun, Jeff Bizoz van Amazon-faam. Jy gaan nou met my stry en sê hy is nie meer die rykste ou op aarde nie omdat hy skei maar a) jy is verkeerd b) ek is dronk en c) fok jou!
Jy kan sommer nou al play druk. Die video wys allerhande angles van die rocket, daar is ‘n countdown en daar is sulke moerse soothing agtergrondmusiek waarop jy kan mediteer of draad trek.
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.