Howzit Watkykertjies! In plaas van om bands te interview of albums te review het ek die hele week ‘n website probeer bou vir een van my alter egos: www.marinusmans.co.za. Dit was fokken harde werk en ek moes actually ‘n dag lank rus en het maar net ontspan deur ou music documentaries te kyk op ‘n free streaming website genaamd www.tubitv.com. Daar is ‘n groot klomp b-grade kak (eintlik meer c-grade) op daai channel maar as jy mooi soek is daar ‘n ton vermaak en geskiedkundige informasie vir musiekliefhebbers. Ek het ‘n paar ou doccies oor classic albums soos Metallica se Black album en Iron Maiden se Number of the Beast gekyk en daar is een unauthorized doccie oor Led Zeppelin ook. Weird gewees om geen Led Zep tunes in ‘n doccie te hoor nie – net talking heads. Daar is baie blues en punk inhoud ook. Ek gaan almal deurwerk eventually. Jy gaan seker meeste op YouTube ook kry maar jy hoef nie hard daar te soek nie want al die musiek videos is mooi bymekaar. Daar is ook geen irriterende advertensies nie.
Griffin en sy vrou is besig om Nederland en Duitsland plat te toer en ek het besluit om nie vandag vir hom ‘n opstel te stuur om te edit nie. Net so vinnige befokte ietsie. Ek het Karaoke Machine of Death (KMOD) se album in Februarie probeer review maar hulle info op die interwebs was zero en ek het nog nie vir Casey Bliss leer ken nie. Ons het een van hulle claymation videos gedrop maar hier is nog een.
Ek het iets kwytgeraak toe ek die album review het van die voordele van DIY musiek maak en dat dit deesdae “goedkoper” is as back in the day. Ek is bly ek het aanhalingstekens gebruik, want as ek so luister na KMOD se ambisies en hoeveel dit alles kos (en gaan kos) sit dit net die hele projek vir my in ‘n ander lig. KMOD is eintlik ‘n sci-fi concept band en hulle hele wêreld is om dié genre gebou. Hulle wil nie net musiek en claymation videos maak nie maar ook (onder andere) boeke publiseer, skilderye verkoop en bietjie radiodrama ook probeer.
Iets wat ek agtergekom het hierdie week (en wat Casey ook beaam het) is dat as jy alles DIY gaan doen, moet jy eers alles self leer en dan eers kan jy dit toepas. Dis harde werk en boonop moet jy tyd kry daarvoor tussen al jou paying jobs ook. Projekte soos KMOD is passieprojekte en mens doen wat jy kan, wanneer jy kan. Hulle is wel nou hard aan die werk om hulle sosiale media inhoud op te knap so hopelik het Watkykjy se rants hulle bietjie aangespoor!
By the way, die stop clay animation was veronderstel om vier videos (of episodes) te wees wat deel is van ‘n groter storie maar dit sou te lank gevat het. Dit was ook Shayne Minnot van Budget Blood Productions se eerste probeerslag. Ek dink dis nogal impressive vir ‘n eerste keer! Die volgorde van die videos is bietjie deurmekaar en iets waaraan KMOC nog kan werk as hulle beplanning doen vir die toekoms. Volgens Casey Bliss is daar meaning in elke woord en image en dis moeilik vir hulle om die art gedeelte te kommunikeer met fans. Ek dink hulle sal dit effektief kan doen as hulle net eers alles mooi opgeknap het en begin met projekbeplanning.
Ons dig julle tunes en hou julle projekte dop, KMOD! Dis al klaar kief!
Watkykjy staan op 3,092,709 post views in totaal sedert 1 November, 2019.