Wat? ‘n Sold out metal show in Centurion? By Platteland? Dis mos ‘n Dutchie langarm jol? Is metal dan nie dood in elk geval nie? Of ten minste nou op life support nie? Die swak ekonomie, nie-bestaande winsgrense, die rand/dollar wisselkoers en gebrek aan belangstelling in ‘n land vol skape en slawe met eng musieksmake het sy tol geëis. Verstrengel deur mainstream mumble rap en ander onoorspronklike plastiek kak popmusiek wat die sisteem elke dag in ons droeë kele afdruk. Metal is mos net vir wit ontnugterde mans, evolve glad nie en dra niks by tot die huidige kulturele klimaat nie…
Bullshit! Die ondier kan nie so maklik doodgemaak word nie! Die ondier het Saterdagaand die gidsdrade en naalde uit haar are gepluk en ontwaak. Mense is die bitter pis in wȇreldwyd en hulle het nou meer as ooit stressverligting nodig. Metalmusiek is weer aan die groei hier by ons ook, stadig maar seker. Ek kon dit self nie glo toe ek en Griffin verby die lang tou rol nie. Sold out! Ok fine, dit was net ‘n duisend mense maar in metalterme is dit baie!
Die show by Mercury Live in Kaapstad het die aand tevore ook uitverkoop. Ek het Duncan Bell van Turning Tricks Entertainment later die aand so in die verbyrol gevra wat sy geheim is. Ek sal julle nou vertel wat hy gesê het maar kom ons kyk eers na die line-up. Bleeding Spawn het ‘n decent technical death metal set opgelewer en ek het selfs ‘n paar van Platteland se swart personeel gesien wat die satansdans gedoen het en so amper-amper ge-headbang het. Nie te sleg vir ‘n klomp takhaar misfits van Middelburg en Witbank nie. Dit is waarkynlik so vreemd vir meeste mense en metalheads is so tegemoetkomend, dat niemand uitgesluit behoort te voel nie. Diversiteit (wat mense aanbetref) is altyd ‘n tall order by hierdie tipe shows en daar was min swart fans daar maar dis meestal as gevolg van die kulturele kettings van die verlede, ontoeganklikheid tot bands as gevolg van die oordosis informasie op die internet deesdae en onkunde oor die metalkultuur. Solank jy die musiek geniet en nie soos ‘n cheeseball aantrek nie gaan niemand jou skeef aankyk nie.
Diversiteit wat genres aanbetref, het nie te kort geskiet nie. Deity’s Muse was weer ‘n hele ander vibe. Meer old school alternative rock met metal en prog rock invloede. Sümer van die Verenigde Koningryk het drie guitarists en twee vocalists. Nie iets wat mens meer elke dag hoor nie. Hulle klink soos ‘n kruising tussen Rush en Soundgarden. Ek het nie gedink die headliners kan hierdie moderne prog metal rockers se gat skop nie.
Tot Tatiana Schmayluk en haar crew op stage geklim het…
Die band het ‘n onmiddelike energieverandering in die venue veroorsaak. Dit was amper tasbaar. Die fans was duidelik opgewonde van al die afwagting om dié Ukrainians te sien optree. Beide mans en vrouens. Dit was nie net ‘n boereworsfees nie, hoor! Jinjer se musiek is hard en intens en dit spring rond van groove metal tot metal core, numetal, sagte rock en selfs jazz. Tatiana se vocal range strek van vroulike Tori Amos tot bietjie sterker Gwen Stefani tot baie sterker Beth Hart vocals. Behalwe vir hoe tight hulle was, was die groter verrassing (amper groter as toe ons uitgevind het Rob Halford is gay) dat Tatiana kan growl. Sy growl soos enige professionele growler maar dit sal ‘n cop-out wees om te sȇ sy is gelyk aan male vocalists want dis juis ‘n sexy petite getattoeërde metal goddess wat een oomblik lyk of sy nie lus is vir jou kak nie en die volgende oomblik lyk of sy jou wil verlei wat die game gaan verander.
Sy hipnotiseer en beheer die crowd met haar magiese moves en wie sȇ metal moet net deur woede alleen gedryf word? Daar is baie ander emosies wat jy in musiek kan ingooi. Kritici van rock en metal is van mening dat dit nie meer kan evolve nie. Miskien nie meer so maklik van buite af wat styl en genre aanbetref nie, maar wat van binne af? Tatiana en die res van die band bring ‘n balans tussen verskillende emosies en genres. Die feit dat hulle vinnig verveeld raak met een klank en hulle egtheid gaan die jonger mense ook aanhou trek. ‘n Bietjie vroulike kompleksiteit kan nie ‘n slegte ding wees vir hierdie swaarder tipes metal nie.
Jinjer is nou al tien jaar lank besig om klippe te kou in die bedryf maar na wat ons Saterdagaand gesien het, is ons vas oortuig dat hulle net nog meer hoogtes gaan bereik. Vandat hulle in 2013 die Best Ukrainian Metal Act Award gewen het het hulle al die wȇreld platgetoer saam met bands soos Cradle of Filfth en Devil Driver. Hulle laaste album en EP is van die beste metal wat ek in jare gehoor het en hulle YouTube videos kry miljoene views.
Dit bring my tot wat Duncan Bell van Turning Tricks entertainment vir my gesȇ het oor hulle sukses: Jy moet die vermoë hȇ om die rising stars raak te sien en hier in SA te kry op die regte tyd. Ek wil byvoeg jy moet ook zak en/of senuwees van staal hȇ. Almal betrokke by die event kan hulleself ‘n lekker ou klop op die rug gee. Watkykjy salueer julle met duiwelshorings.
Metalheads is honger vir nog meer en almal wonder al klaar wat is volgende…
Hierdie befokte foto’s is exclusively vir Watkykjy geneem deur ons tjommie, The Image Engineer. Dit is buuuuhuhuh-fok!
Watkykjy staan op 3,064,446 post views in totaal sedert 1 November, 2019.