Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Die N2
Die N2 uit Kaapstad uit is soos ‘n parpodie van ‘n snelweg. Dit begin goed, met ‘n hele paar bane en verkeer wat redelik vloei. Selfs ‘n paar vulstasies op pad, soos wat die gewoonte maar is op nasionale snelweë.
Maar alles kom tot ‘n einde vlak voor Somerset-Wes, net so 40 kilo’s buite die stad. Die snelweg krimp na twee bane en jy moet drasties spoed verander om by die verkeerslig te stop. Wat? Die verkeerslig? Maar… Dis dan ‘n snelweg?
Jy beur moedig voort en ‘n halfuur later is jy deur Somerset-Wes se verkeer en oor die pas. Voet in die hoek, of so dink jy. Kort voor lank is dit weer 60 kilometer ‘n uur en dan 80 en dan weer 60. Dis klein dorpies en padwerke (alhoewel die pad altyd dieselfde lyk) en pote en spoedkameras en nog vreemde spoedbeperkings en nog kleiner dorpies en dan trek jy noodgedwonge by die Wimpy in Riviersonderend in want dis klaar tyd vir aandete en jy’t nog ‘n goeie 180 kilo’s van dieselfde kak voor jou.
Dankie N2. Dankie vir niks.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,056,139 post views in totaal sedert 1 November, 2019.