Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Die N1
Volgens Gautengers is dit die enigste goeie ding wat uit die Kaap uit kom. Maar dis die inkom met die N1 wat almal se moere koer.
Elke dag sit talle voorstedelinge vir ure en stoom terwyl hulle hierdie “snel”-weg navigate werk toe. Dis meter vir meter vorentoe kruip, vloek vir die BMW wat in die geellyn verbygly, hand in die lug gooi vir die four wheel drive wat voor jou indruk, uitfreak as ‘n minibus taxi jou boelie en bietjie in jou broek piepie as die premier se motorcade jou in ‘n ongemaklik klein spasie tussen die barricades indwing om verby te kom.
En dan’s hy by die werk, twee ure later en reg om te moor. Net agt ure voor jy die nagmerrie kan herleef. En daar’s reën in die lug. Great.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,085,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.