Is julle weer ‘n bietjie lus vir ‘n blast from the past? Wie onthou hierdie band? Ek moet bieg ek doen net so vaagweg. Ek het te veel van my naweke omgewerk of in die werk se kroeg (en ander omliggende pubs) deurgebring in die early naughties. Drank was obviously cheaper by die werk se bar. Terwyl ek vasgevang was in die sisteem het Soil 7t7 dieselfde status quo met hulle musiek uitgedaag. Ek onthou die TV program Geraas en het dit gekyk wanneer ek kon. Kyk net bietjie hierso. Jis, julle gaan stokoud voel.
Die aanbieder was nog Jacques Du Preez. Laas wat ek gesien het was hy die MD van Provantage Media Group. Probably nog steeds? Wow, en Franco Jamneck lyk soos ‘n soet seun met ‘n huppel in sy stap en ‘n vonkel in die oog in daai insetsel. Ek mag dalk by Nile Crocodile gewees het een keer terwyl hulle daar ge-gig het. Who knows? Ek kan nie mooi onthou nie. Ek het toe nog nie helemaal recover van die nineties nie.
Griffin het my hierdie CD gewys, die tracks ge-burn en vir my gestuur. In hindsight klink die musiek seriously befok vir ‘n SA band van die early naughties. Springbok Nude Girls en Wonderboom se sound was ‘n groot influence vir baie jonger bands in daardie jare maar hierdie dudes het die funk rock ding nog verder gevat en ook baie gaan leen by die Numetal bands. As jy dit nou mooi in konteks wil plaas – Fokofpolisiekar het eers later daardie jaar hulle debuutalbum uitgebring!
Soil 7t7 het toe alreeds drie jaar lank bestaan en reeds by al die major festivals opgetree (Oppikoppi en Woodstock inkluis). Hierdie album, wat 8 Maart 2003 uitgereik is, is goeie ou nineties rockmusiek maar met ‘n moerse rap, ska, reggae en funk influence daarby. Aan die een kant is daar grunge riffs en funk-ritmes wat nog nie te veel evolve het weg van nineties af nie maar dan is daar ook vars hip hop rhymes en scratching in die mix wat my baie laat dink aan Red Hot Chili Peppers meets Limp Bizkit. Daai scratching op Call It is goud! Soil 7t7 se lede was Franco Jamneck, die grapjas kitaarspeler en rapper, dan Jay Bolton op baskitaar en vocals en Bets V.Z. op die tromme. Dis nou seker Bertus van Zyl, neem ek aan.
Die songs op die album is:
- Planet
- Call It
- De Funk
- Mary & Jane
- Boys In The Locker Room
- Soul Food
- Get Some
- Funk
- Groove
- Life Itself
- Modest
- Doodle
- Free
- T7
Ons het almal sulke bands wat ons onthou van back in the day, so as jy heavy geparty het saam met die brasse, share dit wyd en laat die nostalgie bietjie loop. Ek weet nie waar julle die album in die hande gaan kry nie maar julle moet dit luister. Dalk kan Griffin dit op Soundcloud gooi? Of miskien sal Franco en die boys wakker skrik en dit oor Spotify loop smeer…
Watkykjy staan op 3,085,552 post views in totaal sedert 1 November, 2019.