Ons het gehoor Bright Lights Big City (BLBC) het ‘n album op die interwebs gegooi en Rolbees afgevaardig om ‘n paar vrae vir Illimar Neitz te vra. Net vir al die fans wat nog nie weet daarvan nie.
Howzit bra! Ek het Bright Lights Big City leer ken as ‘n blues band wat ou blues standards speel (baie soos Heartbreaker en The Forgiving). Dit wil voorkom asof julle mettertyd beweeg het na ‘n baie wyer genre, soos op Bad Man. Selfs songs soos Worth het deesdae baie meer evolve. Nie so eksperimenteel en out there soos Feed the Wolf se stuff nie maar iets meer in die middel. Hierdie album vang dit nogal vas, in my opinie. Jy en Donovan Bourne maak nou al jare lank saam musiek en julle kreatiewe paadjies kruis gereeld. Was dit ‘n bewuste keuse om bietjie wyer te gaan as net blues of het julle net besluit om julle kreatiwiteit vry te laat en te kyk wat gebeur? Maybe ‘n bietjie van altwee?
Goed en jy man. Yes, BLBC het ontstaan uit ‘n vorige blues band van my wie se sanger ons verlaat het. Daai band was exclusively into die blues. Die vorige sanger het die genre kwaai gevoel. Toe hy waai het Donovan ingestap en ons oorspronklik eers net uitgehelp op vocals vir gigs wat alreeds geboek was. Donovan het toe die job as permanente nuwe sanger betree en die naam is verander na BLBC toe. Ons het toe saam met Donovan aan nuwe materiaal begin skryf. BLBC het aan die begin naturally baie van die musiek van die vorige band geërf, wat uit die aard van die saak blues was. Baie blues standards ook. Met ek en Donovan wat in BLBC saam begin skryf het, het dit begin wegbeweeg van blues af. So, dit was net ‘n natuurlike ontwikkeling. Ons het wel nog altyd doelbewus in ‘n sekere rigting geskryf (wat BLBC aanbetref) en dit was nie net anything goes nie. Van die riffs soos Worth en Heartbreaker kom nog van die vorige band af. So, in opsomming, ja bietjie van altwee. Het doelbewus begin wegbeweeg van blues af, hoofsaaklik omdat ons nie net in een boksie wou wees nie – dit sou ons creatively limit. Deur die creative process vry te laat het ons hier opgeëindig. Heartbreaker en The Forgiving is originals.
Dis befok! Julle toer jaarliks en het al dinge beleef wat meeste nine-to-fivers nooit sal nie. Obviously nou minder vandat Donovan self voltyds werk. Ek het al die storie van Jack the Detective gehoor maar vertel bietjie vir die Watkykers wie hy is en waar hy vandaan kom? Hoekom het julle besluit om dit spesifiek die titel van die album te maak?
Jack is ‘n local by die Botrivierhotelkroeg in die Kaap waar ons al baie opgetree het. Ons het al sulke super special tye en experiences daar gehad. Mense soos Jack in klein dorpies is ‘n kreatiewe inspirasie vir ons. Daar is ook so baie stories en karakters in so ou hotel. As die mure kon praat! Jack is ‘n groot gees en ‘n man van staal. Never a dull moment. Jack was ‘n speurder in die SAPS voor hy in Botrivier opgeëindig het. Soos in eighties moord-en-roof. ‘n Baie tawwe man. Bly ons het hom aan ons kant!
Haha! Ek hoor jou. Met julle laaste toer oor Desember verlede jaar het julle bietjie bad luck gehad met vervoer en toe breek jy nog jou elmboog in Januarie ook. Ek luister nou toevallig na die song, Black Dog, ‘n uitdrukking wat deur baie geskiedkundiges gesien word as iets wat Winston Churchill gebruik het om te verwys na sy “down” dae. Donovan het die lirieke geskryf maar die musiek praat dieselfde taal. Wat gee julle die uithouvermoë om weer op te staan as jy val (soms letterlik) en weer met mag en krag die bul by die horings te pak?
Ja nee kyk, dit was ‘n rowwe drie tot vier maande hier vir my, fok tog. Hoop daar is nie ‘n derde insident wat wag nie. Gebreekte bakkies en gebreekte arms. Soos ek graag sê: wat jou nie dood maak nie maak fokken seer! Inspirasie is om weer by jou passie uit te kom en selfs beter in jou craft te word as waar jy was. Eye opener-storie. Dan waardeer jy die ability om te doen waarvoor jy lief is ook net soveel meer. Vat dit maar op die chin en beweeg aan.
Words to live by! Jy besit ook jou eie studio genaamd Wagonwheel Records. Obviously help dit om kostes te sny as julle opnames maak, maar watter ander voordele hou dit in as julle musiek opneem?
Net so, dit help baie. Financially werk dit mooi uit. Maar ook die blessing en die curse is mens kan way te veel tyd aan ‘n projek spandeer. Die goeie ding is om twaalf uur die nag die studio oop te kan sluit en iets te track. Creatively kan ons ook net maak wat de fok ons wil. Snaakse gear in plug. Weird sounds record. Dinge opblaas ensovoorts. Vir my is ‘n studio se vibe nog altyd omtrent die belangrikste. Ek kan daai vibe vir myself create waar ek gemaklik voel.
Watter ander kunstenaars feature op die album?
Ek kan met trots sê niemand anders speel op die album nie. Dit was ‘n doelbewustelike besluit. Dit sou nie op hierdie plaat gewerk het nie. Johan Lombard speel wel harp op twee tracks maar hy was n oorspronklike lid toe die band begin het.
Die song Donnie is nog ‘n interessante een. Country rap met blues rock en selfs ‘n Spaanse kitaarelement. Het Donovan dit geskryf vir die album of was dit een van sy bestaande tunes?
Donnie is ‘n interessante ene, ja. Die track is n BLBC-original vir die album geskryf. Eers ‘n ander title gehad maar ek het eventually vir Donovan oorreed om dit Donnie te noem. Die subject matter hits the spot en hoeveel ander vocalist het ‘n self-titled track? Daar is musically heelwat layers wat ook maar so in die recording process hulle koppe begin uitsteek het.
Ek was lanklaas by van julle optredes. Jy is bedrywig met Die Horries en Donovan tree ook nog solo op ook. Wat Bright Lights Big City aanbetref is dit meestal net jy en Donovan wat ‘n meer akoestiese vibe gooi deesdae? Enige planne om in die toekoms weer ‘n vol band aan te pak of is dit net makliker en streamlined om akoesties op te tree?
Net so, ons is ook betrokke by ander projekte en ek en Donovan tree ook as ‘n duo op. Ek speel dan electric en Donovan acoustic. Het ook net so begin gebeur toe ander members nie datums kon maak nie. Vir seker sal ons as ‘n vol band speel as die tipe gig dit toelaat. Vir sekere venues is dit, however, complicated. Op hierdie stadium speel ons eerder quality as quantity gigs. Nog meer so as ‘n four-piece band.
Die album art laat my dink aan iets wat my kunstige tjomme op skool sou teken terwyl hulle lag vir my stokmannetjies. Wie het dit geskets?
Die ou waaroor track 6 op die album gaan. Donnie.
Is die album net op streaming services beskikbaar of gaan julle CD hardcopies ook print?
Daar is hard copies beskikbaar vir wie ook al nog na CDs luister. Dink so paar vinyls moet volgende wees!
Dit sal nou befok wees ja! Thanks vir jou tyd, Illimar! Good luck met al julle ventures!
Dankie vir julle, Rolbees!! Wat sal die mensdom sonder julle by Wat Kyk Jy doen? Net preuts en boring wees. Nee, net nee. Ons weier!
Watkykjy staan op 3,055,951 post views in totaal sedert 1 November, 2019.