Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Mos
Alhoewel daai snotterige groen stront op klippe in vogtige areas ook ‘n redelike hoë vlak van irritasie kan lei as jy jou stuitjie breek op ‘n Highlands Meander-vakansie, is dit nie hier ter sprake nie.
Ons haat dit mos as mense die heeltyd van mos praat. Ek en sy is mos op Hermanus getroud. Hy is mos die laitie se regte pa. Daai kar is mos gebou vir die veld.
O ja. Mos.
Want ek weet mos waarvan jy praat. Ek weet mos presies waarom hierdie lukrake feit so daarna uitsien. Dis dalk Afrikaanse mense se poging om iemand gerus te stel deur familiêr te wees, maar die fok weet, ek weet mos nie waarvan jy praat nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.