Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Misdaad
Dis daai tyd van die braai. Iemand vain in met ‘n storie oor ‘n onlangse inbraak of smash-and-grab of selfoon wat gesteel is. Die laaste sin hang nog oor die vuur as die volgende ou laat wiel met sy storie oor sus en so wat met ‘n rollie in sy eie huis gedreig is. Slagoffer nommer drie wag ongeduldig om sy (selfs meer grusame) storie te vertel.
Misdaag het ‘n integrale deel van die lewe in Suid-Afrika geword. Ons gesels daaroor, vrgelyk riller-ervarings, en maak grappe daaroor. Van ons maak geld daaruit en van ons is skurke.
Maar misdaad is tos. Dit fok mense se lewens op, dit kos ‘n spul geld en dit maak niemand tawwer nie. Dit maak net dat ons almal die hele tyd oor ons skouers moet kyk, mense minder vertrou en meer geld spandeer op goed wat ons in elk geval nie veilig hou nie.
Hoor jy, comrade Bheki Cele? Our crim is too much.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,838 post views in totaal sedert 1 November, 2019.