Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Ministers se motorcades
So jy reken jou verskoning is dat jy laat gaan wees vir ‘n meeting, Minister Pielkop? Hier is vir jou ‘n tip wat werk soos ‘n bok: Staan bietjie vroeër op, jou luigat!
‘n Groep swart BMW’s met flitsende ligte wat die twee regterkantse bane van die snelweg opneem, teen 180 kilometer ‘n uur jaar en jou skaars tyd gee op pad te gee, is besig om my pis bitter te maak. Kry ‘n helikopter of iets. Julle mors in elk geval klaar so baie geld. Go the extra mile. Net nie op my gat op die N1 nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,089,802 post views in totaal sedert 1 November, 2019.