Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Mense wat nie emails lees nie
Dit is wel so dat ons meer inligting moet prosesseer as ooit te vore. Dis vergaderings, telekonferensies, fakse,foonoproepe, internet chats en selfone wat nooit ophou lui nie. En dan’s daar ook die uiters bruikbare en hoogs irriterende fenomeen van die e-pos boodskap.
Vroeër het ek dikwels gewonder hoe besighede in die verlede sonder e-pos oor die weg kon kom. Deesdae is ek verbaas dat ons besigheid kan doen ten spyter hiervan. Want behalwe vir die magdom e-posse wat daagliks gestuur word (waarvan talle onnodig of simpel grappies is), is mense ook deesdae “te besig” om die goed te lees.
Moet nooit meer as een vraag per e-pos vra nie. Jou trigger-happy kollega gaan in elk geval net die eerste vraag lees, “reply” druk en gou die eerste ding wat in sy ko popkom terugstuur. Wees bereid om ten minste twee opvolgboodskappe te stuur om die eerste een te verduidelik. Dis als deel van die moderne sake-onderneming. Tegnologies toonaangewind. Menslik gestrem.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,124,697 post views in totaal sedert 1 November, 2019.