Lamgatte, vetgatte, luigatte, krimpies en hipsters – wie soek Rolbees se wiele? Hy swaai sy Shoprider.

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Rolbees het onlangs vir homself ‘n moerse fancy nuwe electric scooter gekoop waarmee hy die Ooste van Pretoria platry. Hy het ‘n meer next-level een gekoop om by sy needs aan te pas. Sonder hierdie upgrade sou hy byvoorbeeld nie op daai befokte Blues Cruise kon gaan nie, maar in general was die upgrade ook nodig gewees vir alledaagse takies. Hy kan nou ook, wanneer hy so voel, volspoed afneuk in Solomon Maghlangu om ‘n brekfis te gaan tand by die Boardwalk terwyl hy vir die eende zaps gooi.
Hierdie elektriese scooters is ook maar ‘n fokken lekker duur speletjie, so sy vorige model wat nou onnodige plek opneem in sy garage moet verkoop word. Dis om at least ‘n vyfde van die gat wat die nuwe een in sy beursie gelos het, toe te stop. Die pragtige pronkponie wat op aanbod is, is die…
*maak keel skoon en gebruik WWE announccer stem*
“Shoprider TE889A!!!!”
Hy vertoon nogal fancy in California Wildfire rooi (ek praat loutere kak – ek het die kleur opgemaak, maar die rooi is ‘n mooi rooi).
Teen R10k is hy geprys vir ‘n vinnige verkoop en dit sluit die battery charger in. Gaan kyk maar self wat die goed kos. Rolbees het hom bitter min gebruik; seker eenkeer elke drie maande, so hy is in tip-top shape. (Die lekker rolstoelstorie hieronder die fotos deur Rolbees, word verniet ingesluit.) As jy hom dalk deur jou kredietkaart wil swaai, kan ons vir jou ‘n plan maak en hom “in stock” sit op Zefshop, maar EFT of cash is gewoonlik maar koning.

Hier is ‘n omie in my hood wat met iets soortgelyks rondfok en ek het al oorweeg om hom te vra of hy wil upgrade, maar as ek nou eerlik daaroor dink, maak die omie my eintlik fokken bang – hy jaag daai ding asof die strate aan hom behoort. So ek het besluit om dit eerder hier op Watkykjy namens Rolbees te adverteer. Fok daai omie.

Ek het Saterdag by Rolbees ‘n draai gaan skiet om hom te verlos van sy brannas en vodka wat nou al 3 jaar lank in sy kas fokol doen. Ek het toe sommer so paar fotos geneem van die Ferarri. Verskoon asseblief die angles en general gevoel en emosie wat die kiekies opwek. Ek is nie Annie fokken Leibovitz nie.

Drop ‘n mail na griffin@watkykjy.co.za as jy belangstel of drop jou details in die comments en Rolbees sal jou kontak.

Check hoe slaan daardie arms op-en-af. Vir die perfekte *dubbeltongklik* “Hey baby, soek jy ‘n lift?”-oomblik terwyl jy dubbel vingerpistole gooi.

Rolbees is ‘n “alles-of-niks”-man. Die scooter het twee settings: “R vir rol” en “F vir fokof”

Nota aan musicians wat dalk belangstel: daai gat is om die charger in te plug. Dis nie ‘n fokken XLR-slot vir ‘n microphone of jou bass guitar nie.

Dink tweekeer voor jy dalk ‘n bank wil beroof met hierdie outjie. Die wiele is uniek. ‘n Speurder sal jou fokken vinnig uithaal met tyre pattern analysis.

California Wildfire red. It’s a thing. In California. #RakeTheForests #MAGA

Hierdie outjie kom nie net met ‘n welkom matjie vir ekstra grip nie. Hy het ook ‘n mandjie waarin jy jou shopping of jou zol kan stash. #zolstoel

Hierdie view is die ene wat die hipsters boners gee. Check hoe daai 50’s chrome op die rooi vertoon. En kyk hoe fokken groot is daai mandjie! Nou kan jy jou tikmasjien orals saamry en daar is nog plek vir ‘n baguette en ‘n 2-pack craft bier!

Laat rolbees jou vertel oor die karretjie
Ek nou rol al, so nou en dan, met ‘n elektriese skoeter van 2004 af. My eerste een het ek by Shoprider daar in Centurion gekoop. Nie vir permanente gebruik nie – net deeltyds want dit help nogal vir ver afstande, soos om by die slaghuis en kafee te gaan draai. Vir korter afstande en as ek saam met ander mense mission, het ek seker van 2005 af my handgedrewe rystoel so in my SUV gelaai en girlfriends, tjommies, assistente en security guards het my maar nog altyd gehelp. Dit werk nog steeds die beste. Ek soek nie daai kontrepsies op my kar se dak nie. Wie wil nou adverteer dat jy in ‘n fokken rystoel is? Besides, jou arms moet in elk geval behoorlik werk as jy daai goed self wil manage en 100% onafhanklik wil wees – tensy jy kakbaie geld het vir ‘n custom made een. Behoorlike hoists en carriers kos om-en-by R60k tot R80k. Wat help dit jy betaal al daai geld en iemand moet jou anyway nog steeds help om in en uit jou kar te klim?

Ja, om kreupel te wees is ‘n tricky en duur hobby. Omtrent al dié speelgoed (en parte) word ingevoer, so basic supply en demand en die dollar exchange rate kan jou hard bliksem. Mediese fondse se cover is beperk tot die prys van about een of twee rystoele oor ‘n tydperk van byvoorbeeld drie jaar. Hang af hoe fancy jy gaan. Dit verskil van fonds tot fonds maar die algemene trend is dat die premies al hoe meer opgaan en die benefits al hoe minder word. So, behalwe vir die basic manual stoele kan meeste mense nie bekostig om high-tech met hulle mobilty devices te gaan in die eerste plek nie.

Ek het nie altyd al die regte keuses gemaak nie en ja, ek het baie stories – meestal toe ek nog te veel gesuip en ge-wheelie het. Maybe skryf ek dalk eendag ‘n paar kortverhale. Who knows?

Hierdie storie het nou in my gedagtes opgekom vir een of ander rede:
Toe ek nog hare op my kop gehad het en baie skraal was, het ek so klein cute Shopridertjie gehad. Die spesfieke model het zero stabiliteit gehad en ek wou net iets opvoubaar hê wat ek self in en uit my kar kon laai, toe ek nog kon. Een aand daar by Greenlyn Village in Menlopark (dit was in 2004) drink ek per ongeluk twee bottels wyn uit saam met tjomme. Nee, julle verstaan verkeerd, ek het letterlik twee bottels by myself uitgedrink. Toe ons klaar gekuier het, sirkel ek lekker geswaai huistoe en toe ek so om die draai spoed vang, voel ek hoe gravitasie my onregverdig uitsonder. Wel, dit het blatant teen my gediskrimineer. Alles het so in slow motion begin beweeg en ek het ‘n onweerstaanbare trekkrag grond toe gevoel. My bene wou nog so begin hardloop maar toe onthou hulle, hulle kan nie meer nie! Ek freeze so mid-air en my arms gee ook sommer summier op. Hande in die lug slet ek horisontaal neer soos ‘n sak patats met die scooter wat bo-oor my fok en ek vou so om die onderste deel. Sulke lekker lepel lê op koue sement. Dit was boonop nog winter.

Gelukkig het dit alles gebeur naby twee security guards. “Joh-joh-joh-joh, askies!” tune die een bra en beide hardloop nader. Hulle het my opgehelp uit my benarde verstrengeling. Soos om die kabels van jou oorfone te ontkoek. Die mense by een van die restaurante daar wou-wou so kom help maar hulle het net gestaan en kyk en dan sit hulle eers weer en dan kyk hulle weer so. Glo nie mooi wat hulle sien nie. Ek het maar net pyn van die sement burns, wat selfs deur my klere bloedige skaafmerke gelos het, gesluk en toe weer full-blast huis toe ge-motor.

Daarna was ek baie versigtiger met die ding en in 2011 toe ek dit ingeruil het vir ‘n ander groter skoeter het ek ‘n baie meer stabiele een gekies. Ek was toe baie meer grootmens ook. Die ou toppie wat hom besit het, het amper nooit met die ding gery nie. Ek moes R18 000 inbetaal daai tyd en omdat dit so swaar is het ek dit net nou en dan gebruik om winkels toe te ry. Ek het die battery en wiele vervang en van toe af nog nooit nodig gehad om dit weer te doen nie. Die grootste probleem met daai scooter is, dis net vir om jou huis en in jou eie neighbourhood. Tensy jy ‘n damduiker of petrolkop is en ‘n suitable trailer het, of dalk een van daai groot aangepaste cabbies met ‘n ramp by die agterkant. Dis te groot en swaar om in jou kar te laai vir een mens. Twee sterk mense kan dit wel regkry as jy genoeg spasie het, soos in ‘n SUV.

Die befokte ding van daai outydse Shopriders is hulle gaan aan en aan en dis vir seker die goedkoopste opsie as jy daai tipe mobiliteit soek. Dit dra moerse by tot onafhanklikheid. Behalwe vir ons kreupels, behoort hipsters dit kwaai te like want dit lyk of dit uit die seventies ontsnap het. Die FOMO gaan erg loop as julle nie gou spring nie, hoor. Vetgatte, en ek dink veral krimpies, sal dit ook goed kan gebruik!

Hierdie post is 5 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,003 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinLamgatte, vetgatte, luigatte, krimpies en hipsters – wie soek Rolbees se wiele? Hy swaai sy Shoprider.

Comments

  1. louis kruger

    ek stel belang in die scooter wat is jou tel nommer myne is 0826834685

Gooi Comment