Ek’s op ‘n boot, moederneuker! Rolbees review die Mojo Rising Blues Cruise op die MSC Musica

In Rolbees Reviews deur Rolbees2 Eiertjies

Die Mojo Rising Blues Cruise was een van die mees genotvolle avonture wat ek nog ooit beleef het in my vier dekades op hierdie planeet. Travel is oor die algemeen kakmoeilik vir my, maar ek het instinktief en uit ondervinding geweet ‘n moerse drywende hotel op die see gaan een van die mees toeganklike en ontspannende vakansie-naweke wees wat ek nog beleef het. Ek wou dit al jare lank doen maar ek was nie lus om die toeris-gepeupel vibes op my eie aan te pak nie. Dit het bietjie té Afrikaans is Boot of Dryfgenoot gelyk.

Ek kon voorheen nie ‘n enkele vriend kry om dit saam met my te doen nie. Maar te danke aan die Papas-familie, almal wat die cruise moontlik gemaak het (publisiteit en -organisasiegewys) en natuurlik die talentvolle blues en rock kunstenaars wat opgetree het, kon ek uiteindelik vriende (of my kind) oorreed om saam te gaan en daar was genoeg hulp, sou ek dit benodig. Ek hoop genuine hierdie cruise gebeur weer en vat vlam vorentoe anders gaan ek dit iwers oorsee moet probeer.

Vir al julle kreupeles, MSC se staff help jou oral op die skip as jy vra. In die cabin (wat jou gestremdheid aanbetref) help hulle jou fokol. Daar was eintlik net een Spaanse doos wat my blatant nie wou help om breakfast op te skep nie. Ek het hom net getune hy is poeskak terwyl ek vir hom smile en ‘n ‘uitstekend’ teken wys met my vingers. Hy kon anyway nie ‘n woord verstaan wat ek sê nie en het net gedink ek sê dankie. Hahaha! Die MSC-staff gaan ook nie sommer jou bagasie vir jou ronddra nie, hoor. So as jy kreupel is stel ek voor jy gaan eerder nie sonder familie, vriende of ‘n caretaker nie. Sonder my vriende (oues en nuwes wat ek op die skip gemaak het) sou ek dit nie kon doen nie. Baie dankie vir almal wat gehelp het en sommer ook dié wat aangebied het om te help. Anthony en Tanya Buckley, die eienaars van Kingfisher Lodge waar ons oorgeslaap het die aand voor die cruise het my ook verbaas. Hierdie mense het spesiaal ‘n gestremdheidskonsultant aangestel om seker te maak my kamer is 100% toeganklik. Dit was toe inderdaad so en hulle het die coolste fokken stort, man! Wat ‘n kief lodge! Ek wens MSC wil bietjie so iets doen. Yolande Papas was die ster van die hele trip. Sy het my voorsien van informasie en bystand gegee oor die cruise en die Mojo Rising Blues Cruise-pakket sodat ek alles haarfyn kon beplan. Sonder haar hulp sou die hele trip ‘n moerse hoofpyn gewees het.
Ek moes wel ‘n nuwe meer praktiese elektriese rystoel (of power chair) aanskaf om dit alles te laat realiseer want ‘n gewone rystoel alleen sou nie op daai moerse skip werk nie. Die afstande tussen basies alles is te ver. My manual stoel het wel in die cabin gewerk om in te stort en om op en af van die loo af te klim. Die disabled cabins het lekker spasie maar die loo se toiletseat is te klein en te laag. Ek het agtergekom as ek die rystoel se kussing afhaal en net wag dat die boot een kant toe wieg sodat die rystoel laer is as die toiletseat, dan is dit moontlik om af te transfer. Albeit met moeite en baie tyd.  Fok, partykeer wieg daai boot so as jy nie konsentreer nie gaan jy jou balans verloor en eventually jou gat solid sien. Daar is darem ‘n telefoon in die loo. Maar reel een is: moenie jou balans verloor nie. Reel twee is vat jou tyd en moenie oorhaastig wees nie. Ek skiem as jy sportief is, genoeg roids klap en jou bo-arms lyk soos Arnie s’n, sal jy regkom met ‘n gewone rystoel op die boot, maar ek het net ‘n goed genoeg rede nodig gehad om ‘n power chair te kry. Wat is beter as blues tunes op die ope see?  Selfs met al die beplanning het dinge steeds verkeerd geloop. Behalwe vir die loo was die bed nie op standaard rystoelhoogte nie. Dit was ‘n moerse effort om daar op te kom. Ce’st la Vie. Shit happens. Een van my nuwe vriendinne het my darem een aand gehelp. Dankie baie! Toe ek terug is by die huis was my hele lyf seer en my hol rou ge-transfer. My slaapkamer het vir twee dae nog gewieg as ek wil slaap.
Maar behalwe vir dit was die res van die boot smooth sailing en baie accessible. Jy sukkel nie om iets te ete of te drinke te kry nie en toilette is oral.  Soos een van die musos gesê het: “It’s the most vulgar display of gluttony I’ve ever experienced in my life”. Daar is ook so baie om te doen op die MSC Musica, maar mens hoef nie saam met die skapies aktiwiteite of excursions te doen as jy nie wil nie. Die skip is groot genoeg sodat jy chill-plekke kan uitsoek om te sit en lees of net vir die see te sit en kyk. Jy kan op die upper deck of onderste pool deck of by die talle kroeë uithang en daar was die hele tyd mense van die Blues Cruise (ek het net vir die blou arm bands gekyk) om saam mee te kuier. Daar is sulke klein lounge bars binne die skip waar jy kan karaoke, sigare kan rook en jazz musos kan uitcheck in die aande. Die disco se musiek was heavy tos. Ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Waar kry die DJ daai musiek? Op die ashope van Mosambiek? Jeesh! Hulle het teateropvoerings gehad en flieks ook gewys maar ek het glad nie daarby uitgekom nie. Daar is gyms en health spa’s ook. O ja, en ‘n casino. Die interior het so zef Leisure Suit Larry in the Land of the Lounge Lizards-vibe. “Ken sent me.”
Eeeuw!

Maar ek was daar vir die musiek en om my ass af te chill. Die Mojo Rising Blues Cruise-pakket se vermaak het nie vir een enkele oomblik teleurgestel nie. Ek het nie eintlik my ‘joernalishoedjie’ opgehad nie en het my brein afgeskakel. Ek het geen notas gemaak nie en min opgelet, maar ek het dit so geniet dat ek besluit het om iets te skryf. Ek sal my bes probeer om die optredes akuraat weer te gee. Dankie aan Arline Du Plessis en Yolande Papas vir die fun pics en vids en Alastair Fraser van Mediatek Photography vir die professionele fotos.
Vrydag 22 Maart 2019
Vrydagaand was ek doodmoeg. Om by die hawe uit te kom die oggend, deur die doeane te gaan, drinks packages te kry, jou cabin card en internet te organise, lunch op te skep tussen twee-duisend deurmekaar honger mense, gewoond te raak aan die boot, jou cabin te soek en jou pad te vind oral put mens fokken uit. Selfs al is jy in ‘n power chair en vriende help jou. MSC se organisasie kan verbeter wat die eerste dag aanbetref, maar die restaurant se befokte aandete saam met vriende het opgemaak daarvoor. Jy moet respek hê vir The Black Cat Bones en Crimson House wat die Vrydagaand sets gedoen het. Veral as jy in ag neem dat hulle het die vorige aand ‘n moerse show gegooi het by Crusaders in Durban (die Durbaniete is mos niks gewoond nie) en hulle moes saam met ons gewone passasiers deur al daai kak gaan Vrydag. Ek was voor die Bones begin het reg om uit te pass in my bed maar hulle is almal pros en al het hulle nog nie hulle sea legs gehad nie, het beide bands shows gegooi wat die nog slightly geirriteërde blues-cruisers nou in die vibe gekry het. Dis hoekom ons mos gekom het. Die Bones het van hulle nuwe materiaal gedoen maar ook nog deep-rooted blues gegooi terwyl ons almal gewoond moes raak aan die Crystal Lounge se glitzy, zef stage. Ek het bietjie vir Chris van der Walt gemis maar Casey Rothman het hom goed van sy taak gekwyt. Ek is nie bekommerd in daai opsig nie.
Crimson House met hulle jazzy bounce vibe kon beter inpas by die casino vibes (hahaha fokkit, dis zef!) en toe doen hulle sommer ‘n cover van Little Mermaid se Under the Sea! Die crowd op die dansvloer was eventually legless maar soos Kobus de Kock Jnr getune het “jy moet net genoeg drink dan balanseer dit die boot se beweging mooi uit.”

Ek het unconfirmed rumours gehoor dat Gareth Wilson deur die boot se medics kom inspekteer is in die vroeë oggend ure omdat hy gedink het die dansvloer is sy cabin bed vir so rukkie. Maar tot hulle teleurstelling was hy toe meer as lewendig nog. Joh, MSC het sulke streng reels, nê? Apparently, op ander cruises het hulle al Ooms wat te dik ge-branta is, op rystoele gelaai en straight cabin toe gevat as hulle nie mooi wil saamwerk nie.
*Skop so teen die cabin se kosyne*
Ek sou goeie geld betaal om so iets te sien.
Saterdag 23 Maart 2019
Saterdagoggend het ons ‘n lekker breakfast gechow en daarna het die skapies so deur die dag die Portuguese Islands gaan besoek en dit was salig op die skip. Ek het saam met die musos en ander kief mense wat by die musiekindustrie betrokke is en hulle families gekuier. Dit was idilies.

Saterdagmiddag was dit Wolfgang Marrow en Gunshot Blue se beurt om ons almal te vermaak. Probably die mees avant garde en eksentriese bands van die hele spul kunstenaars. Ek volg hulle al vir jare. Alhoewel, come to think of it, dit was die eerste keer is dat ek Gunshot Blue live gesien het. Dit was great om te hoor hoe ander mense wat die twee bands se musiek vir die eerste keer gehoor het, dit beleef het. Sandy Little en Louw Cronje het teen dié tyd nou al hulle eie swampy alternative blues vibe uitgekerf in die local scene. Gareth Bunge het hulle uitgehelp op die tromme daai aand. Hy was amper die hele naweek agter die tromme in elk geval. Anyways, Wolfgang Marrow kom al ‘n lang pad van hulle Bloemfontein dae af. Nou bly hulle in Jozi en is nie meer net ‘n obskure band van die States nie.  Soos ek verlede week getune het toe ek Gunshot Blue se nuwe album review het, hierdie dudes het ‘n spiritual blues-ding aan die gang wat jou net betowerd laat sit en luister. Check dit uit.
Die een ding wat ek self beter kon manage was my aandete se tye teenoor die blues shows s’n. MSC is erg anaal oor aandetebesprekings en ek was soos in twintig minute laat Saterdagaand en ek moes basies ‘n waiter met ‘n besemstok bliksem om kos te kry. My vriende was net vyf minute laat en hulle is by so klein tafeltjie ingeprop waar ek later beknop gejoin het.  Fair enough, daar is twee seatings en jy kan dit verander na ‘n paar uur later toe maar as jy kids het, gaan hierdie nogal ‘n challenge wees soos my vriende agtergekom het. Jy kan altyd net die restaurant ‘n pit druk en van die buffet gaan eet maar daai kos is nie so sharp nie. Dis heavy kinderkak van julle, MSC! Ons betaal nie peanuts vir die cruise nie!

Maar waar MSC se antics my frustreer het, het die musiek my mood net so weer omgeswaai. Saterdag se eerste laataand set was niemand anders as Albert Frost nie. Hy was weer woes aan die brand! Hierdie keer saam met Jaco Mans op bass en natuurlik Gareth Bunge op die tromme. Soos Doc MacLean getune het “I consider Albert to be right up there at the top of the list of the best guitar players in the world. And if you know who’s on that list…well yeah”.
Ek het nie gedink Shadow Club gaan naby Albert-hulle se set kom nie. Not by a long shot. Ek het die hype oor die band so uitgecheck die afgelope tyd maar het hulle nog nie live gesien nie. Holy fuck-a-marolly! Jacques Moolman se vocal range, passie en intensiteit is insane! Yolande Papas het ‘n video van my afgeneem waar ek sit en uit-rock. My reaksie wys hoe tight die band is. Ek wou nie eens gaan pee nie en een van my vriendinne het gelukkig vir my Rock Shandies gaan koop anders sou ek vrek van die dors. Heavy vasgenael. Rock and roll is not dead yet!
Sondag 24 Maart 2019
Sondagoggend na nog ‘n lekker breakfast saam met vriende het Jessica Botha my gaan wys hoe om by die boonste deck te kom en ek het lekker ge-park en ontspan tot die middagshows weer begin het. Ek en ‘n vriendin het die vorige aand afgespreek om mekaar 2 uur by die zef lounge te kry. Sy was een van die talle blues cruisers wat nog nie die twee (of selfs vir Doc op sy eie) in aksie gesien het nie. As ‘n bonus het Riaan Smit (Crimson House) ook ge-join op bekfluitjie en op very short notice. Ek het Doc en Albert darem al saam sien optree die heel eerste keer toe hulle collaborate het by die Kanadese Ambassade in 2017, maar ek kon dadelik agterkom hulle dynamics is nou op ‘n ander level. Obviously omdat hulle saamgetoer het in Kanada verlede jaar. Drie maande lank of so iets. Die dag te vore het ek my gat afgelag vir Albert se staaltjies oor die Kanadese toer en ek kon nou ‘n hele nuwe diepte in die musiek ervaar en geniet.
Riaan het net effortlessly ingeval by die Gothic Delta blues vibe. Die meeste blues cruisers het nie geweet wat hulle tref nie en was in vervoering. Dit was ook moer lekker om weer vir Gerald Clark live te sien na ‘n hele paar jaar van afwesigheid in Gauteng. Hy het al my favorites gespeel. Fire, Poorman Blues, Don’t Wanna Work No More en Black Water. Hy is nou meestal in die Czech Republic waar hy saam met sy Tjeggiese goose bly. Hy is net nou en dan in die Kaap. Met sy kenmerkend sielvolle musiek het hy het die toon begin aangee vir die res van die aand se colabs. Hy het nie sy eie band daar gehad het nie en het die brasse so een vir een op stage geroep. Gareth Bunge was seker al kisboude so Albert Frost het die tromme geslaan. Ja, ek trek nie julle been nie – teen daai tyd het ons alles gesien. Riaan Smit was ook weer op bekfluitjie en Jacques Moolman het ge-join vir ‘n unbelievable cover van Skip James se Hardtime Killing Floor. Joh, ek kry sommer nou weer hoendervleis.
 Coelacanth was ook ‘n moerse surprise vir my. Gareth Wilson downplay altyd sy musikale vermoëns as ek met hom praat maar hy het my genuine impress. Jy gaan mos uitstaan tussen Jaco Mans, Andre Kriel en Gareth Bunge soos ‘n mampadda met ‘n seer keel as jy nie self op daai level is nie. So van nou af gaan ek net sy bullshit warra-warra ignoreer. Jis, great set overall maar hulle cover van Midnight Rider van die Allman Brothers het vir my uitgestaan for some reason. Wou nie hê die tune moet eindig nie!
Die MOJO Rising Blues Cruise het afgesluit met ‘n befokte ensemble mash-up waar meeste van die artists ge-join het. Ek het so bietjie footage gekry by Yolande Papas, so dit behoort julle ‘n goeie idee te gee. Off the top of my head het Andre Kriel so befokte version van Joseíto Fernández se Guantanamera gesing. ‘n Hele paar artists het dit record, onder andere Pete Seger en Julio Iglesias. Great song choice vir ‘n boat cruise en semi-chaos op die dansvloer veroorsaak. Nog iets wat uitgestaan het was Riaan Smit wat ‘n version gedoen het van Eric Bibb se Don’t Let Nobody Drag Your Spirit Down. Natuurlik was daar ook Riaan Smit en Albert Frost se famous dual.

Ja, teen daai tyd was almal se gees hoër as die hemele en dit alles het nogal die hele cruise en my experience opgesom. Daar het so baie gebeur dat ek nie alles nou kan onthou nie. Rinnes Jackson, die bra met die dans moves, die fancy shoes en die blou suit. Jy is ‘n legend! Kerry-Anne Allerston was obviously weer die MC en het my baie moral support gegee in die vorm van drukkies. Rob en Conrad-hulle se sound was uitstekend. O ja, en Riaan Smit en Gareth Harvey het net geweier om op te gee en die gees voortgesit buite op die deck onder die reddingsbote en sommer begin busk op Percy Mayfield se song Hit the Road Jack. Wow, man. Just wow.

Sal ek dit weer doen? Net as daar ‘n Blues Cruise of soortgelyke pakket is, dan in a heartbeat, for sure!

Hierdie post is 7 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 60,626 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesEk’s op ‘n boot, moederneuker! Rolbees review die Mojo Rising Blues Cruise op die MSC Musica

Comments

  1. Mariecel

    Jy het dit so lekker geskryf – was sommer weer daar! Dankie! Was great naweek gewees. Gerus, geblues, geëet, geblues, gedrink, geblues, geslaap, geblues. Tx almal!

Gooi Comment