Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Maaggriep (spuities)
Die spuities weet nie van verloor af nie. Jy kry die spuities ook nie van die vloer af nie. Aijaijai, maagwerkings kan enige ou op sy knieë bring. Daar is nooit waarskuwings of tell-tale tekens vir gietergat nie. Hy kom in vir jou soos ‘n Joggie Jansen-tackle en hy sit vir jou hard neer.
Maaggriep is loshande die kakste verskoning (pardon the pun) vir mense om werk te bunk. Dis ook ‘n siekte wat nie ‘n doktersbrief verlang nie. “Dis seker die vis wat ek gisteraand geëet het.”
ja, dit is seker. Vis. Dis ‘n goeie een.
Bonuspunte natuurlik wanneer hierdie onaangenaamdheid jou by die werk tref, jy die laaste persoon is wat daardie dag die toilet gebruik en die munisipaliteit toevallig besluit om die hele buurt se water af te sny. Jy kom dit eers agter wanneer jy die toilet spoel en daardie waterlose “kloenk”-geluid soos ‘n mes in jou reggraat steek.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,084,036 post views in totaal sedert 1 November, 2019.