Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Lughawens
Waarom word dikgatte toegelaat om dieselfde gewig bagasie as ek op ‘n vlug in te check. Hoekom moet ek net somtyds my bliksemse belt afhaal as ek deur die verklikkers gaan? Ek besit net een belt en hy verkry nie verskillende magiese kragte by verskillende lughawens nie. Besef julle chick-in counter narre dat ‘n “Fragile” plakker presies die teenoorgestelde beteken van die wyse waarop julle my tas hanteer?
Waarom, as daar voorsiening gemaak word vir genoeg tyd om vir ‘n vlug in te check moet een of ander doos twintig maal oor die interkom geroep word vir sy finale waarskuwing? Dis geweoonlik ‘n besigeidsman wat in die kroeg vasgehaak het en almal vertraag en die moer in maak voor hy uiteindelik met sy rooigesuipte gesig verby almal skuif, sonder om verskoning te vra.
Dis ironies dat die slegste deel van ‘n mens se vlug op die grond plaasvind., maar dis nou maar eenmaal so. Dis lang rye en laptops uithaal en onverklaarbaar lank bby die boarding gates vir vlugte wat kwansuis op tyd is wag. Maar wat sal ons doen? Ons skuifel so saam stadig vorentoe in die ry voor die Afrika curiowinkel en hoop ons bagasie maak dit tot aan die anderkant. As ons net in die lug kan kom.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,773 post views in totaal sedert 1 November, 2019.