Die Wedding DJs speel ‘n finale show in Kaapstad hierdie Saterdag na twee onlangse reunion shows by Park Acoustics en Mercury Live. Hulle laaste aangesien DJ Super Deluxe 3000 (een helfte van die duo) Engeland toe trek. Sad face.
Die twee marabse gooi al sedert 2006 lekker heelnag dronkpaarties met net die beste 80s en 90s hits. (Okay, soms die slegste hits ook. Dis maar net hoe dit gaan.) Hulle gaan ook lekker tekere op stage en fight gewoonlik met die sound engineers, so iets om na te kyk en point as jy verveeld raak.
Hierdie naweek se jol word “We Built This City” genoem en gebeur by Mercury Live Saterdag 16 Maart. Deure maak 18:00 oop en die ouens sal van 21:00 af op stage wees. Tickets is limited en gaan vir R100 elk deur Quicket by http://qkt.io/LQ3FNZ. Alle pre-sale tickets staan ook ‘n kans om ‘n bar tab van R300 op die aand te wen, so sit jou naampie in die hoed en sien jou op die dansbaan.
Hoe lyk die dansbaan? Hoe! Hoe! Hoe!
(Jy kry die idee…)
Op Facebook:
http://www.facebook.com/theweddingdjs/
Watkykjy staan op 3,090,244 post views in totaal sedert 1 November, 2019.