Shadowclub en Leaky Tap Brewery was hard aan die kook en borrel diep agter die skerms en het sopas laat weet dat hulle nuwe bier, Dog Teeth, nou uitendelik reg is om in daai gat in jou gesig afgegooi te word. Die bier kry sy naam van een van die tracks op hulle nuwe album, Big Green Mamba Dream.
As jy in Pertoria bly, het ons befokte nuus vir jou – jy kan hierdie Vrydag, 1 Maart, een van die eerste mense in Mzansi wees om hierdie outjie te proe: daar is ‘n befokte gig genaamd Shadowcats wat hierdie Vrydag gaan gatskop by Craft Exchange. As jy van die slimmer tipe variety is, sou jy kon aflei dat daar drie bands in die naam Shadowcats skuil – Shadow Club, Black Cat Bones en Hellcats. Dit gaan nogal ‘n fokken rock ‘n roll org van formaat wees, liewe maats.
Joburg, julle mag ook kom kyk, hoor? Moet net nie soos ‘n poes bestuur nie.
En sorry vir die late notice, want die party gebeur alreeds oormore, maar ons dink jy kan nog tickets online koop. Dis fokken cheap teen slegs 100 skille.
https://www.quicket.co.za/events/66085-shadowcats-ft-shadowclub-the-black-cat-bones-hellcats/#/
Dis ook die eerste keer wat al drie bands op een stage gaan wees en al drie bands het ook baie fokken onlangs hulle nuwe albums gelaunch. Leen gou jou ore uit:
Hellcats – The Hex and the Healer
Shadowclub – Big Green Mamba Dream
The Black Cat Bones – Here is a knife
Loop kry jou tickets, want behalwe dat hierdie een befokte jol gaan wees, gee Leaky Tap ook ‘n keg party weg aan een van julle lucky naaiers vir jou volgende kuier of braai by jou huis.
Jirre man, dit klink mos nou gees? Slaan uit! Ons gaan self in so groep van 20 mense loop holsskud en bier burp.
Check jou daar!
Watkykjy staan op 3,092,712 post views in totaal sedert 1 November, 2019.