Iets sê vir my Stan Lee sou nie noodwendig in sy noppies gewees het nie. Sure, die legend het sekerlik deur die jare na ‘n hele klomp shitty Spiderman, Antman, Hulk of watookal movies en kinderprogramme gekyk en gewonder waddefok hulle nog met sy handewerk sou doen, maar die gedagte van ‘n klomp Suid-Afrikaanse rugbyspelers in superherokostuums wat agter ‘n bal aan hardloop? Hoe sou mens so iets aan die bra verduidelik?
Vir starters sou ek soos Eminem maak en Dido inkry vir die backtrack, nes in daai song “Stan”: “My tea’s gone cold, I’m wondering why I got out of bed at all.”. So rustig in die background met die potlood sound effects en alles…
“Dear Stan, this is your man, ek skrywe vir jou hier uit my hart in Suider-Afrika. Jy ken probably nie die zef jol nie. Dis ‘n weird plek vol rassistiese krimpies en werfetters wat tik rook en alles onder die son steel. Dis ‘n mooi plek, though. Ons het die Drakensberge en Swartberge en even ‘n berg wat soos ‘n tafel lyk. Dis next level, hoor.”
Stan, ons kort actually ‘n hele spul van jou Superhero brasse. Jy sou ook nooit ‘n tekort aan idees vir nuwes hier gehad het nie. Hier sou ‘n Captain Corruption elke 10 minute ‘n marabs opgefok het. Praat van classic skurke: take your pic bra, ons het hulle in alle shapes en sizes, en hulle is poesdom.
Daar is wel ‘n hele paar groepies wat hulself reeds as Superheroes beskou. Ons het natuurlik bra Julius en sy rooihuide wat kamtig vir die arm mense veg , maar hulle is meer soos Robin Hood en sy bende bewalwe dat die zak wat hulle steel nie noodwendig vir die “cause” gaan nie. Eerder vir huisies in ons Sandton (amper soos Hollywood).
Aan die ander kant van die spektrum het ons Afriforum. Jis, bra Stan, die beste manier hoe ek hierdie boneheads kan opsom is deur die term “Trump Supporters” te gebruik. Ja, hulle is next level deur die kak en loop rond met die idee dat hulle soos Superman almal red. Hulle is actually meer soos die Ku Klux Klan.
Maar Stan ek wil eerder nie te veel oor die politiek skryf nie. Dis maar oorals ‘n poespas. Dit is hierdie rugbymanne wat my aan jou laat dink het. As jy na die stand van sake in die spesifieke sport kyk, (dis amper soos American football sonder die helmets en body protection vibes) sou jy ‘n heavy lekker comic oor dit kon bou. Check Stan, Sondag jol van ons beste spanne in Superhero kostuums teen mekaar. Hulle het besluit om dit so te doen om te sorg dat dit ‘n lekker dag vir die hele gesin is. Ek meen, pappa, mamma en boeta kan nou opdress en sommer twee games in ‘n ry loop kyk. By die Cape Town Staduim. Fuck yea!
Hoewel hulle moontlik die uitstappie kan geniet, weet ons mos nou al teen die tyd dat die eerste game van die jaar, elke liewe fokken jaar, about so aantreklik soos Doctor Octopus se linker balhaar is. Stan, ek’s sorry om dit uit te lig maar die company wat jou lewe was het besluit om met capitalist villains soos DStv, SuperSport, SA Rugby (almal eintlik maar Apartheids Naspersperde), asook local data diewe, Vodacom, piele te vleg. Persoonlik is ek moerse bly Batman is nie by die komplot betrokke nie, hoewel ek about 67% seker is Joker het iets met die beplanning uit te waai.
Hierdie skaamtelose geldmaakstorie word volgens die persverklaring (waarmee die skurke die massas gelok het) gedoen om “die belangstelling in die sport” te verbeter. Stan, ek reken daar is nie ‘n greintjie fout met die deursnee Suid-Afrikaner se belangstelling in rugby nie. Inteendeel, die man op straat is honger vir rugby. Hulle is egter meer honger vir goeie rugby. Jy weet, rugby sonder al die side-shows. Rugby waar ‘n skrum nog ‘n ware kragmeting is en daar nie ure van ons lewens op replays gemors word nie.
Duisende mense gaan die klug bywoon, maar vir die res van die seisoen gaan rugby se base hulle gatte af sukkel om die paviljoene vol te kry. Die afname in die sport se gewildheid gaan gepaard met ‘n paar heavy kak besluite. Meeste van die besluite is geneem met die hoop om nog meer geld te maak. Nog meer, want daar sal nooit genoeg wees nie, Stan, want ons beste spelers verdien Euros en dié wat oorbly om te jol, breek eventually van te veel rugby. Ek meen, Stan, rugby begin amptelik op 3 Februarie en daar sal tot mid-Desember nog games wees. Hulle is jags, man!
Te veel van ‘n goeie ding is besig om alles op te fok, Stan, maar hulle wil nie hoor nie.
Kyk, dalk is ekself besig om ‘n krimpie te word. Dalk glo ek maar net in die eenvoudige teorie dat die enigste manier hoe rugby “gered” kan word, is as laaities dit for free op TV kan kyk en nie met Superhero kostuums na games te gelok moet word nie – onthou nie almal se pappas kan R1000 ‘n maand aan ‘n televisie of -sportmonopolie betaal nie. Gaan vra maar die mense wat wel daai bucks het – hulle doen dit net vir die sport. Ek meen, Netflix en Showmax het alles en nog meer en kos about fokkol in vergelyking.
Ai Stan, ons het geweet rugby in die land gaan sy siel verloor.
Sondag word dit regstreeks uitgesaai.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,089,802 post views in totaal sedert 1 November, 2019.