Dis amper tyd vir Judas Priest Live in Mzansi volgende maand so ek het gedink om bietjie weer met LA Cobra kontak te maak. Die zeffers is een van die SA bands wat open vir hulle (saam met Deadline). Hulle is nogal besig deesdae. Goeie fok!
Howzit Don Cobra! Long time no see my headbanging broer! Nog laas met die release van L.A. Cobra se nuutste album, Shotgun Slinger, dink ek! O nee wag, ons het lekker geparty daar by Railways so jaar of wat terug. Kief show gewees en daai album speel nog baie in my kar en feature op my playlists. Shotgun Slinger en julle ooreenstemmende live act moes ‘n hele paar deure oopgemaak het vir julle?
Hey, my rock n roll brother, yes tyd vlieg verskriklik! Hoop om nie weer ‘n jaar te wag om saam met jou te party nie. Dankie dat jy nog gereeld ons musiek luister, dit beteken opreg baie! Yes, Shotgun Slinger en ons shows het heelwat deure oopgemaak vir ons en het internasionaal baie goeie terugvoering gekry. Ons was genooi Amerika toe, maar dit het nie plaasgevind nie as gevolg van verskeie redes en nou gaan ons Europa en Engeland toe vir die eerste keer en sien teveel uit daarna!
Befok! Ja, dit maak sin, julle het ‘n moerse Europese following. Hoe het julle dit bewerkstellig en waaraan skryf jy dit toe?
Ons genre is nog baie populêr in Europa, Engeland en die Skandinaviese lande en ek dink omdat ons van Afrika af kom is dit eksoties en interessant vir hulle. Sover ek weet is ons die enigste band van die soort op die Afrika-kontinent wat doen wat ons doen en dit trek aandag.
Ek het gehoor julle launch die Wrong Things Feel Right Europese en UK toer vir hierdie jaar en toe word julle sommer announce om vir Judas Priest te open in Maart by Ticket Pro Dome ook. Holy shit! Dreams do come true, of hoe? Julle moet kak excited wees? Ek hoor ook julle moes ‘n paar dates cancel oorsee? Was dit ‘n moeilike of maklike besluit gewees vir julle? Ja, dis ‘n trick question.
Dit het so onverwags gebeur en dis nog vreeslik unreal vir ons. Dink dit sal eers insink die aand van die eerste show in die Kaap by Grandwest Arena. Beslis, haha! Dreams do come true. Ons toer was gebook gewees vir Europa, Engeland en Scandinavia en toe kry ek die oproep en dog eers dis een van my vriende wat my prank. Ons het onmiddelik ons laaste week in Swede gekanseleer. Gewoonlik gebeur daar mos niks nie en dan gebeur alles op een slag. Ons kan glad nie kla nie. Ons is net dankbaar vir alles wat tot dusver met ons gebeur het die laaste twee jaar. Ons is bevoorreg om die stage te deel met ons metal brothers, Deadline, in Johannesburg by die Ticket Pro Dome. Dit gaan ‘n crazy after party wees soos ek hulle ken!
Jirre, julle is omtrent besig! Ek check nou net julle het ook ‘n crowdfunding vinyl project aan die gang as we speak. Vertel bietjie meer daarvan en waar kan fans details kry?
Fok, ons rus nie. Yes, ons bring nou n vinyl uit met Shotgun Slinger en Live to Ride op wat ons oor record het. Live to Ride gaan net op vinyl vrygestel word en op geen ander platforms nie. Ons bring ook nuwe toer t-shirts en hoodies uit wat ook ons twee Suid-Afrikaanse datums insluit saam met Judas Priest – spesiaal vir ons Suid Afrikaanse fans – die rede vir dit is om ons te help kostes dek vir ons toer volgende maand want ons moet baie van die kostes self dra en as mens als optel word dit vrek duur. Veral met ons Rand wat so kak is. Fans kan op die link gaan en hulleself mooi bederf. Dit sluit môre aand 8 Februarie om middernag – http://bit.ly/LACVinylProject
Ek het nou net julle nuutste video van Sell your Soul (Little Girl) ook ge-check wat verlede Sondag release is. My favourite video van LA Cobra sover. Well done! Net soos die progressie in julle musiek, word die visuele standaard van julle vids ook net beter en beter. Het julle meer geld vir budget ook? Are you throwing some money at the problem? Haha. Goeie fok! Wie is daai misterieuse en superhot model in die vid?
Baie dankie, dis HUGE compliment van jou af my broer! Nee, ek wens ons was met geld gegooi, haha! Ons het Sell Your Soul self geshoot in ons studio. Slade, ons guitarist het als direct en ge-edit en so goed laat lyk. Dankie vir al jou moeite Sladey… hehe! Die model in die Sell Your Soul video is top Suid-Afrikaanse model, Christelle Du Plessis. Julle kan gerus haar volg op Facebook en Instagram. Sy is briljant! Sonder haar bydrae sou die video nie so effek gehad het nie. Sy is een van daai mense wat te veel moeite doen en het ons ook gehelp met make-up toe die band se dele afgeneem is.
Is daar iets wat ek gemis het wat fans op die oomblik behoort te weet? Wat wil julle nog alles bereik hierdie jaar?
As enige van ons Suid-Afrikaanse broers en susters wat julleself in Europa of UK bevind van 7 tot 16 Maart, gaan check ons page en kom join ons vir n mal party! Ek dink sodra ons terug is van Europa af en met die twee Judas Priest shows, gaan ons terug studio toe om ons nuwe album te record. Hopelik sal ons klaar wees teen Oktober en dan begin die chaos weer!
Alle sterkte en thanks vir die vinnige chat, broer! Mag julle net al hoe meer sukses bereik!
Baie dankie brother, dit beteken baie! Ruk en fokken rol!!!!!!!!!!!!!!
Watkykjy staan op 3,089,931 post views in totaal sedert 1 November, 2019.