Ek het al voorheen kortliks geskryf oor die oplewing van meer innoverende, alternatiewe local bands die afgelope paar jaar. Bands soos Make-overs, Ruff Majik, Pollinator, Brown Spiders, Apocalypse Later, Die Horries en Caution Boy om net ‘n paar te noem. Daar is obviously nog vele meer. Ek het ook al genoem dat dit nie ‘n scene op sy eie is nie. Die musiek is wyd versprei en wat die SA rock scene in geheel aanbetref is die verskillende genres waaronder die bands resorteer baie vermeng deesdae.
‘n Klomp bands met verskillende invloede tree saam met baie ander rock bands op in die circuits maar daar is sekere tunes waar jy kan hoor dis anders as dit wat naastenby nog as die norm gesien kan word by festivals deesdae. Jy raak nostalgies en onthou ook die alternatiewe vibes van die nineties. Hier is nou nog ‘n band wat vir my onder daai vaandel val: Karaoke Machine of Death. Ek weet nie veel van hulle af nie. Die interwebs swyg en hulle Facebook page is up to shit – net sulke weird quotes by die biography gedeelte. What are you dudes on, heh? Ek kan nie eens sien wie is die vocalist nie. Hulle het my ‘n presser belowe maar ek het ‘n deadline vandag en kon nie wag nie. So ek skryf maar oor dit wat ek weet en hoor op die album.
Hoe dit ookal sy, hierdie laaities het die regte nineties tunes geluister. Hulle musikale invloede (wat ek in die musiek kan hoor) is baie en ek kan hooks en licks van so ver terug as Stone Temple Pilots, Foo Fighters, Deftones en nader aan huis, aKing hoor. Ek is altyd bly as ‘n band se musiek nie net een ander band copy nie maar as ek die verskillende invloede oor die dekades in my kop kan hoor en die band actually ‘n unieke klank het ook – dan het hulle my aandag. Dit is wat alternative rock aan die gang gaan hou in my eerlike opinie. Musikante wat nie bang is om bietjie ouer genres te gaan verken, te tweak en dan vir ons ‘n repackaged produk weer te gee nie. Nie die luigatte wat dit net sonder enige respek gaan staan en copy nie, maar daar gaan probably nooit weer ‘n nuwe klank en gepaardgaande beweging soos, sê maar, heavy metal in die eighties of grunge in die nineties nie. Ook nie nu-metal in die naughties nie.
Die interwebs, downloading en streaming het alle musiek op die planeet (insluitende rockmusiek) op ‘n pad gaan gooi waarvan daar geen omkeer is nie. Wat rockmusiek aanbetref het die pad in soveel rigtings gevurk dat rock as we knew it, as ‘n genre, beide dood en meer lewendig as ooit is. Dis dood in die sin dat dit daai vlak bereik het waar daar nie eintlik nie meer mindfuckingly nuwe musiek in die kommersiële musiekwêreld navore gaan kom nie. En aan die ander kant is dit weer meer lewendig as ooit omdat daar hordes bands regoor die planeet is – soos Karaoke Machine of Death wat hierdie tipe musiek kan maak en “goedkoper” as tevore kan record terwyl hulle vry is van die juk van record companies se kapitalistiese beheer en kontrole.
Maar dis ‘n double-edged sword.
Ek dink party dae dié bevrydingsgedeelte daarvan is ‘n goeie ding want geldelike inmenging kan rock and roll seriously opfok, maar dan op ander dae weer, as ek sien hoe min exposure en zak hierdie musikante kry, weet ek nie meer nie? You need focused distribution to get somewhere en dit kos geld. Al wat ek weet is die toekoms is nou en dis befok om hierdie kwaliteit album net op die interwebs te gaan stream via my cellphone en te cast na ‘n bluetooth speaker toe of iets. In die nineties sou ek moes CD shop toe mission en gaan rondsnuffel vir ure en selfs dan was die kanse goed dat hulle nie het wat jy soek nie. En dan moes jy dit ten duurste invoer. So there’s that. Maar dan weer, al verdwyn recorded musiek in die clutter van duisende ander bands online deesdae kan jy altyd nog ‘n live show van ‘n band gaan kyk en die energie direk beleef saam met ander homo sapiens met goeie musieksmaak. In lewende lywe.
Karaoke Machine of Death jam by Railways Cafe môreaand saam met ‘n klomp ander bands. Twee waarvan ek nog nie eens gehoor het nie. So gaan dit check it uit!
Check ook hulle kief stop clay animation video uit:
Watkykjy staan op 3,083,754 post views in totaal sedert 1 November, 2019.