Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
LOL
Die idioot wat eerste met LOL opgekom het moet in sy eiers geskiet word. Altwee eiers. Eers in die linker een, gevolg deur ‘n pouse van ‘n paar sekondes, en dan in die regter een. Sommer met ‘n nege-mil. Bam! Bam!
Vir die plebs wat nie weet nie, LOL is ‘n akroniem vir “laughing out loud” en word daagliks in kletskamers, SMS’e en online chat programme misbruik.
Wat is fout met ‘n gewone, alledaagse ou “ha-ha” so nou en dan (mits jy reageer op iets wat regtig komiese meriete dra)?
LOL het ook begin om allerhande simpel vorme aan te neem, soos “LOLZ” en “lollers”. Waarvoor staan die donnerse “z” of “-lers”, miskien? Is julle op tik of iets?
Soms kom hierdie mense ook uit en meng met die normale samelewing en sal wragtig die geluid “LOL!” uiter in plaas van om net te glimlag. As jy dalk een van hierdie losers is, draai asseblief om en gaan kry ‘n mond vol elmboog by die naaste vreemde persoon. Moet asseblief nie ophou tot daar bloed is nie.
Ek wed jou R20 jy het al so ‘n online gesprek gesien (ek gebruik sommer retarded internetname of “handles” omdat dit my ook afpis):
sK8erB01: Ek haat traffic.
00hburbAb3: LOLZ!
sK8erB01: Daar was vandag ‘n 26 kar pile-up op die N1.
00hburbAb3: lollers!
sK8erB01: Uhm, 2 mense is dood…
00hburbAb3: LOL, ernstig?Van wanneer af dra ‘n doodnormale stelsin soveel humor? Fok, as dit so maklik was het ek by Carnival City gaan stand-up comedy doen en Kook en Geniet vir die lekker gelees. WTF?
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,084,303 post views in totaal sedert 1 November, 2019.