Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Local bands wat UK toe gaan om dit te maak – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
Die plaaslike musiekindustrie is erg verleidend – en ons praat nie hier van die Catherine Zeta-Jones tipe verleiding nie.Die ouens wat toekennings wen en airplay kry is nou nie altyd jou top tipe musikante nie. Geensins nie. Maar af te ntoe is daar wel ‘n sterretjie wat nie te flou skyn nie en vir die mense in Suid-Afrika voel dit of dié ouens die grotes in die wêreld kan aanvat.
Ha.Hoeveel van die groot visse in onse visbak is ak hier uit, net om oorsee nie veel verder te kom nie? Met groot fanfare vertrek die ouens met blink ogies en die spreekwoordelike lied in hule hart. Ongelukkig is hierdie lied nie altyd ‘n blitsverkoper nie en meeste van die groepe breek op of kruip terug. Of karring maar aan voor 13 mense in piepklein pubs ‘n uur buite Londen. Of eindig op as roadies vir ander oorsese sukkelaars.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,124,254 post views in totaal sedert 1 November, 2019.