So, dis alweer 14 Februarie en daar is, soos elke jaar, weer gemengde gevoelens onder homo sapiens oor die waarde en betekenis van Valentynsdag. Party mense raak opgewonde en hulle gesigte verhelder sommer as die beweerde “dag van liefde” aanbreek, terwyl ander net hulle koppe skud en die hele spul bekyk asof dit ‘n godsdientige kultusgroep is wat iewers op ‘n plaas in afsondering bly, onder mekaar inteel, en bestaansboerdery toepas. Party is verlief en ander snik trane van eensaamheid. Party begin ‘n verhouding, ander versterk hulle bestaande band. Ander breek op.
That’s how it goes. So die grootste debat is of dit nou genuine oor liefde gaan of net oor verbruikersgenot en inkopieterapie? I’m a material girl in a material world, hoor. Madonna het dit verstaan. Die oorsprong van Valentynsdag kan eintlik gevind word in Christengeskiedenis maar dit kan jy self gaan Google. Ek is nie ‘n kenner of ‘n dosent nie. Ek is meer geïntereseerd in die verskil tussen love songs wat dae soos hierdie aanhits en dié songs wat die antithesis is daarvan. Kan mens iets leer van liefde of die menslike kondisie deur ‘n paar verskillende tunes te luister? Goeie vraag.
Wat is die liefde, anyway? Is dit ‘n chemiese reaksie wat mense aanspoor om die mees gepaste DNA te identifiseer onder mekaar en dan te zaber sodat die mensdom nie uitsterf nie? Of is daar iets meer metafisies, geheimsinnig of spiritueel verbonde daaraan? Is dit so eenvoudig soos daai geykte cliché: liefde is ‘n werkwoord; of is dit full-on passie of begeerte soos in die ou soft porn movies? Ek het vinnig vanoggend ‘n paar van my favourite love songs in ‘n playlist op Spotify bymekaar gegooi en ek het net weer besef wat liefde ookal is, dis soms so eenvoudig en soms so fokken complicated. Partykeer altwee tegelykertyd. Ek gaan ‘n paar random tunes kies en try sin maak van dit alles? Yeah right.
*Maak so sin maak van alles*.
Van Halen, Tina Turner en Foreigner het in die eighties probeer uitfigure wat liefde is. Hoe weet jy wanneer dit gebeur? Wat de fok het dit met enigiets te doen? Wonder of hulle dit toe uitgefigure het? Hulle het verskeie dekades gehad.
Oooh, positiewe love songs. What a pleasure. Alhoewel The Cure in die eighties die mees depressing skaaf-jou-polse-af-op-die-sypaadjie love songs geskryf het was daar daai een uplifting song Friday I’m in Love wat net so befok was, as wat dit nog steeds cheesy is. Dis right up there met Katrina and the Waves se Walking on Sunshine. Laasgenoemde is my favourite feelgood love song van alle tye. But then again is daar Diana Ross se Upside Down. Did you just assume I’m a boy? Ha! Upside down, GIRL you turn me! Inside out and round and round. Crowded House se It’s Only Natural is nog ‘n personal favourite. Bietjie meer recent songs? Mark Ronson en Bruno Mars se Uptown Funk is ook die shit!
Baie love songs gaan oor soul searching, en dis ook ‘n manier om vir daai spesiale persoon te sê jy smaak hulle stukkend. Toe ek jonger was, was dit my favourite tipe love songs. Soos Lenny Kravitz se Just Can’t Get You Off My Mind. Ooooh, Led Zeppelin se version van die Willie Dixon song I Can’t Quit You Babe is ook befok. No Greta Van Fleet jokes please. Ek is sensitief daaroor.
Dan is daar die dreaded friend zone. Daar is ook te veel van daai songs! Die eerste een wat ek gehoor het was REO Speedwagon se I Just Can’t Fight This Feeling. Maar daar is ook Lenny Kravitz se I’ll be Waiting en Mumford en Sons se I Will Wait, Bob Marley se I Don’t Wanna Wait in Vain, Queen se Breakthrough. Ek sal die hele dag hier sit. Get it? No? Hehe.
Die mees fun songs is die sexy time songs as mens nog baie gereeld stout is. Gewoonlik aan die begin van ‘n verhouding. Jy weet, soos Sexual Healing van Marvin Gaye, You Sexy Thing van Hot Chocolate en daai Short Dick Man song. Just kidding, nie daai een nie! Barry White werk ook nogal. Old school R&B is gemaak vir shagging.
Ok, en dan is daar daai poesbedroewe songs wat mens luister as jy in jou moer gestuur is en alles fok uitmekaar uit. Chris Isaak se Blue Spanish Sky, Tori Amos se Tear in Your Hand, Neil Diamond se Love on the Rocks. Daar is kakbaie sulke hartseer tunes. Seker die oorgrote meerderheid van love songs is huilerig en dis geen fokken surprise nie. As jy al die drank uitgedrink het by jou local en rebound flings gehad het dan is daar niks beter vir ‘n gebreekte hart as om ‘n goeie ou love song te skryf nie. Led Zeppelin se Your Time is Gonna Come, spesiale karma vir die hartebreker girls.
Ek weet nie, deesdae is die love songs wat my interest trek die meer realistiese tipe soos Damien Rice se I Don’t Want To Change You. Die gebruik van meer interesting metafore soos Lunatic Wolf se Roses en Lucy Kruger and the Lost Boys se Fort. Of selfs kief temas soos die reïnkarnasie van liefde oor eeue. Sting se A Thousand Years byvoorbeeld. Maybe word ek nou oud. Minder cheesy.
Ek sal nog bou aan hierdie playlist, dis nog aan die begin fase. Wat? Soek julle nou ‘n konklusie? Hey, don’t look at me. What do I know about love? Ek geniet maar eerder net die tunes! Happy Valentines Day, suckers!
Watkykjy staan op 3,110,464 post views in totaal sedert 1 November, 2019.