Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Lisensiekantore
Om jou bestuurslisensie in Suid-Afrika te hernu grens aan volksmoord of ‘n Zimbabwe-herverkiesing. Dis verskriklik. Ek het geweet D-dag kom nader, so ek het my ongelisensieerde gat een Donderdagmiddag Waltloo-toetsgronde se kant toe gepunt om my liksens te gaan hernu. Omdat ek ‘n tipiese Suid-Afrikaner is het ek natuurlik tot op die absoluut laaste oomblik gewag. Kry ek nie my papiere in order nie, word ek dalk by ‘n padblokkade voorgekeer en reguit tronk toe gesleep. Sonder om R200 te score of by “Begin” verby te skuif.
(Die een keer wat ek wel tjoekie toe is, het ‘n vriend gedink hy’s ‘n hanswors deur ‘n potjie Vaseline en ‘n trui vir my te bring in stede vand die R1000 borgtog waarvoor ek gevra het. Baie snaaks. Vir hom.)
Mense wat reeds hierdeur is, het my gewaarsku om vroeg by Waltloo te wees. Dus is ek daar net na vier die oggend. Die plek is gepak. Een of ander damduiker in ou Nikes en ‘n tagtigs neon anorak kry dit reg om die mense in ‘n ry te laat aantree en hulle name neer te skryf. Ek is nommer 122 (great) en gaan sit met my rug teen ‘n muur en begin boek lees. Tyd vir die lang wag.Nie so maklik nie, want elke ou in die ry word jou pêl vir die dag. Ek moet luister na ‘n girl se hele lewensverhaal oor haar goudvis, papegaai, woonstel in Gezina en spraypainter boyfriend. Nege ure lank in ‘n ry saam met mense met hulle kampstoeltjies, worsbroodjies, leeutjie-asems en stink voete. Die ry wat elke tien minute een meter skuif. Die lang, lang, stink ry buite die gebou.
Dit raak spannend as ons binnekant toe begin beweeg. En dit lyk simpel. Elke nou en dan gaan die voorste ou vir vingerafdrukke en oogtoetse in en dan skuif die hele ry elkeen een stoel aan. Ek is nog steeds saam met al dieselfde stinkies en die papegaai-girl wat die rystaners teen hierdie tyd seker al as my eggenote beskou. Sy hou nie vir een sekonde op met praat nie.
Beterweterige mense is daar baie. Die tipe wat sulke oogtoetse vooraf by die oogarts laat doen het en nou ewe selfvoldaan met sulke groen kaartjies soos poue ronddrentel. Lyk of hulle van die veearts af kom. Blykbaar gedoen om tyd te bespaar. Maar die slimkoppe moet in dieselfde ry as die res va ndie gepeupel staan, want die oogtoets en vingerafdrukke word in dieselde klein kamertjie gedoen. Briljant.
Nege uur later is ek voor in die ry. Ek slaak ‘n sug van verligting as ek altwee toetse deur is. Teen hierdie tyd is ‘n ou al so uitgeput en gedisoriënteerd dat jy regtig glo ids moontlik om jou vingerafdrukke te dop. Laergraad stuff.
Nou word daar in nog ‘n ry aangetree om te betaal. Surprise, surprise! My nuwe Gezina-girlfriend staan klaar in die ry, reg om my reeds-mal kop van my lyf af te praat. Soos ‘n Boeregeneraal in 1902 is my moed gebreek. Ek hallusineer en yl. Net hier sit ek die fok-dit handdoek om my nek, vat my bal en fokof. Ek sien nie kans vir nog twee ure van Waiting For Godot nie.
Die volgende dag span ek my vorige dag se ervaring tot my voordeel in. Ek sluip eers halftwaalf daar in. Ek weet die mense is al flou en moeg en minder oplettend, so ek druk by die ry in, word binne tien minute gehelp, betaal my lisensie en sny ‘n lyn so vinnig as wat ek kan.
Ek moes nogal vinnig gefokof het, want ek het later ‘n R500 spoedkaartjie in die pos gekry.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,064,443 post views in totaal sedert 1 November, 2019.