Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Kuns en, meer spesifiek, performance art
Halfkaal mense wat dans in vreemde beligting op onsamehangende geraas met minimale dekor in ‘n moerse ekslusiewe teater geborg deur een van die vyf groot finansiële instansies. Die toeskouers glimlag nie en klap nie hande nie. Hulle weet presies wanneer hulle die twee vingertjies teen die palms moet piets. Hul blykie van waardering, as’t ware, omdat hulle hulself as deel van die elite kunskringe ag.
Maar is dit kuns? Sorry mense, toe nie. Dis maar net ‘n vorm van verwaande narsissisme en publieke ego-masturbasie.
En dit lyk simpel.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,103,983 post views in totaal sedert 1 November, 2019.