The Black Cat Bones – Here is a Knife
Dit was seker so teen Maart se kant voorverlede jaar toe Andre Kriel, Kobus De Kock Jnr en Chris Van Der Walt my meegedeel het dat hulle besig was om te werk aan ‘n nuwe album. Dink dit was nog daar by Hard Rock Cafe in Menlyn. Bestaan die plek ooit nog? Ek was toe nooit weer soontoe nie. Jeesh, I wonder why?
My onmiddelike reaksie daai aand was dat hulle dit nie maklik gaan regkry om die album, Beatipillar te “beat” nie. Dis ‘n uitstekende album. Julle almal behoort dit te weet, maar dis ook al vyf jaar terug release, nê. Die Bones se reaksie? “Challenge accepted, Rolbees”. Nou dat ek Here is a Knife en Beatipillar weer ‘n hele paar keer gaan luister het, weet ek dat dit onmoontlik sou wees om daai album te probeer “beat”. Dit was ‘n ander tyd en hulle was in ‘n ander spasie wat kreatiewe denke aanbetref. In hindsight sou ‘n beter opmerking gewees het dat dit moeilik sou wees om weer ‘n soortgelyke album soos Beatipillar die heelal in te stuur. Dit sou net ‘n flop gewees het, skiem ek. Hoekom sou hulle wou?
Ek word gereeld daarvan beskuldig dat ek ‘n outydse puris is maar dis net ‘n halwe waarheid. Ek moedig gereeld vernuwing en eksperimentering aan. Die beste musiek is baie dinge, maar dis veral nie swart of wit nie. Hierdie tipe gedierte waarmee ek die week in my psige rondgerol het is nie een van die twee kleure nie. Meer as dit nog, is dit ‘n Bones album wat heeltemaal anders klink as enige van hulle vorige opnames. Die vraag is of dit ‘n goeie of slegte ding is? Bittermin bands reik genuine live albums uit deesdae. Dis duur, dis moeite en die kombinasie van die interwebs en smart phones killed the fad. Dood.
Beatipillar was vir my nog altyd die Bones se suksesvolste poging en het hulle energieke en enig-in-sy-soort live ondervinding die beste vasgevang in ‘n studio opname. Hulle vroeër albums was kief maar dit was net nog nie 100% daar nie. Met Beatipillar het hulle die een na die ander blues-rock crowd pleaser raakgevat en hard uit die park uit gebliksem! As jy na die progressie van al hulle albums luister, was Beatipillar die toppunt. Hoe “beat” jy dit? Dit was ook ‘n moerse deel van hulle set list vir jare.
Maar jy kan nie daar bo bly deur dieselfde ou songs van net een album se tunes af te jol nie, of hoe? Die antwoord is: jy probeer nie eers nie. Ek kon dadelik hoor Here is a Knife het kwaliteit songs op maar in dieselfde asem het ek nie so baie crowdpleasers gehoor nie. Ek was by ‘n paar shows toe hulle net The World’s in the Halos begin toets het tydens hulle sets en die fans het nie dadelik mal gegaan daaroor nie. Hulle moes eers bietjie gewoond raak. Uitstekende song maar baie anders as die tunes op Beatipillar. Dit was dieselfde vir my met die hele album. Nou dat ek dit in geheel gehoor het verstaan ek beter. Die Bones het gefokus op ‘n hele ander tipe songwriting en wou obviously in ‘n ander rigting in mission. Of dit nou bewustelik of onbewustelik was, makiesakie. Die tunes wat jou sukses laat bereik het in die verlede gaan nie jou sukses in die toekoms waarborg nie. So vat risikos en waag kanse, sê ek. Bliksem uit jou boksie uit!
Dis presies wat hulle hier gedoen het.
Dit is nogal ironies dat die konsep van die studioalbum besig is om uit te sterf. Wel, ek hoop nie dit sterf heeltemaal uit nie. Jissus, dit sal kak wees! Imagine net singles op die interwebs die hele tyd? Hoe fokken boring. Dis hoe die musiekindustrie begin het, mind you. Net singles. Platemaatskappye wou meer zak maak en, tadaa! studio albums is gebore. Joernaliste het sommer iets gekry om klomp kak oor te skryf en fans het vinyl artwork (en later CD artwork) bygekry. Dit was iets fisies om oor opgewonde te raak. Everybody won! Dit was heel waarskynlik nie so eenvoudig nie, but you get the picture. Met streaming deesdae is albums amper nie eers meer nodig uit ‘n kommersiële oogpunt nie. Save the studio album! Dis waardevolle kuns!
Anyways, die Bones het nie net gegaan vir daai selfde primal blues, rock en punk riffs/ritmes op hierdie een nie. Dis nog daar (luister na Delilah) maar soms voel ek of ek na ‘n Maiden rekkid luister (Native Tongue), soms klink dit soos The Black Keys (Blood Billy) en ander kere het dit die gevoel van ‘n gewone kontemporêre rock album. The Great Escape is ‘n great authentic tune. Nog ‘n befokte tune is The Well. Vreemd om keys en sound effects te hoor op ‘n Bones plaat. Niks meer bekfluitjies wat jou daai ou blues era gevoel gee nie, though.
Kobus de Kock Jnr se vocals klink ook nog meer gepoleer op hierdie album as op Beatipillar. Maar dit klink smart. Geen meer Rot nie, of wat? Nog great songs op die album is New Town en Bloedskenk. Jy sal eersgenoemde erg voel as jy ooit by The Good Luck Bar uitgehang het. #thegoodluckwasabuildingafterall.
Behalwe vir hulle cover van Valiant Swart se Die Donker Kom Jou Haal op hulle debuutalbum is Bloedskenk hulle eerste opname van ‘n Afrikaanse tune waarvan ek weet en ek like dit kwaai! Die algehele klank waarvoor hulle gegaan het is baie meer modern en divers, minder bluesy en nogal layered. Die mastering is ook mal!
Vir ‘n musiekontdekkingsreisiger soos ek was dié album ‘n kief experience maar dit het nie my gees van binne laat opvlam soos Beatipillar daai tyd het nie. Sal graag hierdie jaar wil sien hoe hulle hierdie songs incorporate in hulle live set.
Check dit uit as jy nog nie het nie! Here is a fucking Knife! Wees net versigtig met die ding, hoor?
Watkykjy staan op 3,063,915 post views in totaal sedert 1 November, 2019.