Boutique Farm Festival se hekke maak vandag 15:00 oop! As jy beplan om net daar op te daag en nie tickets online te koop teen R375 nie, kan jy by die hek nog tickets kry teen R400 elk terwyl daar stock is. In totaal is daar net 400 kaartjies beskikbaar na #BFF2019. Die rede vir die limited tickets is om ‘n lekker crowd daar te hê, nie te klein vir die bands nie, en nie te groot vir die punters nie. Mense soek spasie, veral as mens na ‘n chilled plek soos ‘n plaas gaan. Vir dieselfde rede is daar ook nie day tickets nie. Gepraat van limited – die t-shirts wat online beskikbaar gestel was, is uitverkoop en ons het so handjievol wat ons na fesitval toe bring wat jy kan aanskaf teen R250 elk. Wees maar eerste by die merch stand, want daar is min en die goed is fokken mooi:
Jou ticket is vir die hele naweek se entertainment en sluit free camping in! Daar is 22 bands, craft bier, potstill brandy en brandy special asook befokte kos: Braaiboy, Capital Craft en Crispy Crust Pizza. Die nice girls van Kuif & Baard is ook daar as jy bietjie in ‘n fancy stoel wil sit en ‘n treatment wil kry. Verder is daar ook ‘n bra wat meer as 600 vinyl plate het om te verkoop. Check hieronder vir so paar fotos.
Ons verkondig dit nie wyd nie, maar dié wat weet en al daar was, sal weet om ‘n visstok ook in te pak om in die dam te gaan visvang.
O ja, en daar is ‘n swembad! So pak jou cozzie en so bietjie brake fluid in om mee te tan! Kyk hieronder vir die line-up, ‘n klomp fotos en nog so paar videos.
Die venue is Tweefontein Melkery, skaars 15 minute se ry vanaf OR Tambo, net af van die R21 af:
***** LINE-UP*****
Vrydag:
15:00 – Gates open
18:00 – Pedro Barbosa
19:00 – Zionruts Family
20:00 – Die See
21:00 – Valiant Swart
22:00 – Bad Peter
23:00 – Die Horries
00:00 – DJ set till late
Saterdag:
12:00 – The Catharina
13:00 – Werner Bekker
14:00 – The Amblers
15:00 – Georgetown Band
16:00 – Radio Kalahari – RKO
17:00 – Greg & The Organics
18:00 – Calling Kingston
19:00 – Velves
20:00 – Wolfgang Marrow
21:00 – Apocalypse Later
22:00 – Son of Hawk
23:00 – WONDERboom
00:00 – DJ set till late
Sondag:
11:00 – Donovan Honeyborne
12:00 – Fritz Gun
13:00 – Kenny Hughes
14:00 – Albert Meintjes
Watkykjy staan op 3,118,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.