Dis Desember. Jy is gatvol en wag om leave te vat en te fokof by die werk, maar vir sommige van julle is dit nog twee weke weg. Of as jy baie unlucky is, werk jy dalk regdeur die vakansie. Either way, gryp ‘n klomp van julle die bottel. Literally can’t deal! Gevolglik is daar vieslike hangovers regoor Suid-Afrika, veral gedurende hierdie tyd van die jaar. ‘n Grootmens manier om met hangovers te deal is om vrotpiel voor die TV te lê en sterf. So wat is die beste hangover TV om te kyk?
Voor jy die antwoord uitskree (daar is ‘n 99% kans dat jy gaan reg wees met jou antwoord en op mekaar golflengtes is), hou jouself eers bietjie in. Ons vat ‘n ander benadering, maar ons kom by jou antwoord ook uit. Ons probeer bietjie iets anders hierdie naweek along the lines of kykgenoet – hangover TV. Kom ons verbeel onsself dis ‘n genre, want dit moet eintlik een wees. Die tipe TV wat jy raadpleeg wanneer jy uit jou bracket uit fucked is van die vorige aand se gefuif. Die tipe hard kuier waar jy die volgende oggend steeds soos 10 jaar tronkstraf ruik indien hulle jou nou in ‘n road block sou aftrek. Die tipe hangover waar jy al jou meds in ‘n ry voor jou met bewende handjies uitpak op die koffietafel, die TV aansit en net sleg wil wees. Die tipe TV waar jy voel of jy in en uit ‘n koma beweeg, nou en dan saggies ween en iets nietig soos ‘n besoek aan die porseleintroon voel asof jy jou hele huis in die son trek met ‘n geroeste Venter trailer. Jy wil net stil wees, want wanneer jy durf poep, mag die poep dalk ‘n skilletjie hê.
Selfkasteiding moet toegpas word, want jy het hierdie kak oor jouself gebring. “Selfkasteiding” is só ‘n fancy woord, hy feature nie eers op Google Translate nie. In kort beteken dit ‘jy was ‘n doos gewees met jou lyf en jy moet jouself nou pakslae gee vir jou sondes’, so kom ons skop jou hangover TV af met so bietjie sleg – Fursonas.
Furries volg ‘n paar groepe Furries en lewer sosiale kommentaar op hierdie weird fandom en die gepaardgaande stigmas, hoe dit waargeneem word, asook die “sensasionele” mediadekking wat dit kry. Dit deal ook met die probleme van binne die sirkel van furries en hoe hulle aanspraak maak op verdraagsaamheid sover dit aanvalle op hulle eie betref, maar dat dit nie noodwendig die geval is nie. Soos Die Antwoord sê “Jy slaan jou fokken self!”
“Waddefok is “Furries??!”, hoor ek jou mompel terwyl jy 200 gram bacon in die pan rondroer om by jou hoop scrambled eggs, gerasperde kaas en twee snye toast te voeg. Die furry fandom is ‘n subkultuur wat belangstel in antropomorfe dierkarakters – diere met menslike persoonlikhede en eienskappe. Furry Fandom word ook gebruik om te verwys na die gemeenskap van mense wat op die internet vergader asook by furry convensions saamkom in regte lewe. “Huh, ‘n subkultuur van fokken wat?” mompel jy terwyl jy ‘n 500ml bierglas vol yskaswater gooi en die ketel kook om daai swart koppie koffie met 2 suikers aan die gang te kry. Wel, who knows? Dit kan ‘n subkultuur van enige van die volgende op hulle eie wees of ‘n kombinasie van so paar van: nerds, comicon opdress fans, trans mense, mense wat Dungeons & Dragons jol, gay mense, teruggetrokke alleenlopers, straight mense, mense met Peter Pan komplekse, Pokemon marabse of mense met serious sielkundige probleme. As jy die ou in die Blou Bul outfit is by al die rugby matches – sterkte vir jou, tjom. Thoughts & prayers …
Jy het seker nou al jou Rehaydrat Sport in ‘n glas water opgelos saam met ‘n Guronsan C bruistablet om twee Myprodols en ‘n Sinutab af te sluk. Laat ek verder verduidelik: Fursona interview verskeie toewyders aan hierdie weird belangstelling of stokperdjie en gesels met hulle oor hulle persoonlike lewens, hulle menings oor wat dit is om ‘n furry te wees asook sekere bordeline aspekte wat saam met die game kom. Dit deal ook met die innerlike konflik van veral diegene wat sukkel met ‘n postiewe publieke beeld omdat ander furries hulleself uitleef soos konte, maak nie saak wat die gevolge is of ten koste van wie of wat dit is nie. Sommige van hierdie kokkelolle raak nogal fokken extreme. Dis serious what-the-fuck stuff al die pad, pappie. En na ‘n uur en 21 minute gaan jy beter voel, guaranteed! Want jou hangover is al vir 81 minute lank besig om beter te word, maar die dose in die dierepakke in hierdie doccie gaan steeds furries wees. Soos Chopper my altyd tune: “Jy is gelukkig, want jy is nie die ou wat saam met die doos gesien moet word in die winkels nie, jou fokken asshole!”
In kort, is Fursonas morbidly fascinating. Dis car-crash-TV van alle kante. Jy hou eenvoudig net aan kyk en cringe, maar kom ons deal met daai antwoord wat jy aan die begin uitgeskree het: “enige program oor die natuur of diere?!” – Dit bring ons by BBC se Big Cats. Jou hangover behoort nou by die luigat-fase te trek en jy is reg om die arm wat nog nie doodgelê is nie, na die TV uit te strek en gryp-gebaartjies met jou vingers te maak in die rigting van die Pallas’s cat wat sopas op TV verskyn het, terwyl jy met een van daai stemmetjies waarmee jy net met puppies praat skreeu: “EK SOEK SULKE ENETJIE!!”
Seriously, though – jy soek sulke enetjies.
Hulle is poes cute!
Moet egter nie dat die naam jou mislei nie want Big Cats volg kat-spesies, groot en klein, van regoor die wêreld, van die leeus van Tanzanië tot die klein Rusty-spotted cat van Sri Lanka (Prionailurus rubiginosus, vir die mense wat brille dra). Kyk, programme oor leeus en tiere en katte is al tot vervelens toe vervaardig en jy sou dink dat daar nie regtig veel oor is om te vertel nie, maar jy is natuurlik verkeerd. Die mensdom hou aan om stuff ontdek en tegnologie hou aan om verbter te word teen ‘n verbysterende spoed.
In Big Cats word habitatte en gedrag ondersoek wat nog nie op enige skerm cweakyn het nie. Die verfilming en editing is uit die boonste rakke. Die HD is so mooi in gewone spoed sowel as slo-mo, jy voel sommer vuil en wil dadelik plan maak om te gaan stort. Die narration word deur nuweling, Bertie Carvel gedoen en met David Attenborough wat nou al by 92 draai, skiem ek die BBC het die perfekte plaasvervanger opgespoor. Die bra het, soos om Dave, ‘n duidelike uitspraak met sagte tones. Die tipe stem wat vir jou hangover op die mooiste manier sê: “Hangover, my ou vriend… Frikkie het nou genoeg gesuffer, hoor? Ek dink jy moet jou tassie pak, ‘n Uber ontbied en fokof, voor hierdie omie vir jou ‘n stewige poesklap gee.”
Big Cats is ‘n reeks van drie epsiodes, elk ‘n uur in lengte. Saam met Fursona het jy dus rofweg vier-‘n-half ure om oor jou hangover te kom.
Sluit sommer nou aan by Showmax se free 14 dae trial want as jy vanaand onder die prop gaan inklim, gaan jy more nie kan adult nie. Jy kan dan ook vir 14 dae lank verniet Showmax kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou.
Net gou weer die resep om jou hangover ‘n PK te gee:
- ‘n Lekker greasy breakfast met ‘n koppie koffie
- ‘n halwe liter yskaswater
- ‘n sakkie Rehaydrat opgelos saam met ‘n Guronsan C bruistablet in ‘n glas water
- twee pynpille
- ‘n sinuspil
- 81 minute van Fursonas op Showmax
- 3 ure van Big Cats op Showmax
Geniet jou naweek!
Watkykjy staan op 3,073,788 post views in totaal sedert 1 November, 2019.