Ons het Jennifer Garner amper verloor aan die wetenskapswêreld en sy sou op daardie veld seker net so uitgeblink het soos wat sy in Hollywood doen. Gelukkig was haar liefde vir die stage en kameras sterker as die wetenskapsboeke en sy het haar graad van chemistry major na acting verander.
Haar groot deurbraak het met die TV-reeks, Alias gekom in 2001, maar sy was ook in baie suksesvolle movies soos Dallas Buyers Club, Ghosts of Girlfriends Past, Juno, Catch me If You Can, Pearl Harbor en Dude, Where’s My Car? Daar was ook flops gewees soos Elektra, Daredevil en meer onlangs die TV-reeks, Camping, maar sy het weer daarvoor opgemaak met haar kick-ass rol baie onlangs in Peppermint. Check dit gerus. Dis ‘n moerse lekker skop-skiet-en-poesklap movie.
Tit-bits:
Sy het uiteindelik verlede maand van Ben Afleck geskei na hulle vir 13 jaar lank getroud was.
Terwyl sy ‘n struggling actress was, het sy eenkeer vir Steven Colbert ge-babysit.
Jennifer se stunt double, Shaune Duggins, was haar stunt double in amper al haar movies en TV-reekse en hulle is dik tjommies.
Watkykjy staan op 3,083,759 post views in totaal sedert 1 November, 2019.