Ons Vereeniging kokkelolle luister al na die Gunners van ons standerd vyf is (dit was 1988) en skateboard probeer ry het en road signs gesteel het en sulke tipe crim kak. Grootgeraak met die band en het ‘n intense liefde en nostalgie vir seker die beste rock band van die laaste 40 jaar.
So natuurlik moes ek opvlieg uit die Kaap vir hulle one-night only show in Joburg. Sulke pilgrimage. Sulke eer betoon. Sulke nostalgie.
So hier is my moerse subjective en verskriklik akkurate review van die aand.
Die Goed
Omtrent alles, om eerlik te wees. Dit was drie en ‘n half ure van rock en roll hemel. Iets soos 30 songs wat al die hits maar ook fan favourites en deep cuts ingesluit het. Tracks soos “Coma”, “Rocket Queen”, “I used to love her”, “Attitude” en ander.
Om Slash, Duff en Axl op dieselfde verhoog te sien vir die eerste keer was fokken special. Om my ou skoolvriend Theo raak te loop in die Golden Circle en saam te jam was special. (Ou griff was natuurlik ook daar, maar in die cheap seats, so ons het saam gespat geraak voor en na die tyd maar nie “Back in the ring” nie.)
Die Sleg
Nie GNR se fout nie en ek erken ek is oud maar jirre, stadium gigs kan ‘n fokken las wees. Rye vir manstoilette, een tipe bier (overpriced Heineken) om te koop, doosmense wat stamp en storm wanneer dit genuine nie nodig is nie en net die las van vroeg ry, wag, met duisende mense deal, wag, in verkeer sit. Dis tos, no two ways about it.
Wat ook nie great afgegaan het nie, was die “Chinese Democracy” tunes. Ek was bereid om die nommers ‘n kans te gee maar die energy drop duidelik as daai songs opkom. Dit het net nie dieselfde impak en effek nie. Mens kan selfs sien hoe Slash en Duff na die kante van die verhoog smelt as daai tracks opkom. I don’t blame you guys.
En waar de FOK is Izzy ouens? Nee man. Ons soek vir Izzy!
Die lelik
Kyk, Axl was nog altyd ‘n fokken marabs, so daar was nie rêrig ‘n kans dat hy sou verbeter met ouderdom nie. Vir dié wat belangstel, Axl verdwyn nog steeds na omtrent elke vyfde song van die verhoog af vir ‘n wardrobe change. Heeltemal onnodig, moet ek bysê. Want elke keer kom hy met ‘n kakker styl terug. ‘n Jean pant met omtrent 200 skeure in (soos die tieners hom like), snake skin cowboy boots met kettings om, baie t-shirts met sulke blokkieprint op die bors (daai goedkopes gewoonlik) en ‘n bandana en cowboy hoed op dieselfde tyd byvoorbeeld.
Dank God die cornrows en blou sonbrille is gone, I guess.
Bygesê, sy vocals was befok vir die meerderheid van die songs. Hy kan nog, hoor! Genuine. Hulle “Blackhole Sun” cover byvoorbeeld, was amper beter as die oorspronklike maar dan weer was sy stem op die Velvet Revolver track “Slither” nie naaaaby Scott Weiland se delivery nie.
All in all, ALLES waarvoor ek gehoop het. Dit was BEFOK!
Hier is die hele setlist wat Guns ‘n Roses by FNB ge-jol het in case jy bietjie jou memory wil verfris en die goeie tye weer in jou kop wil beleef:
1. It’s So Easy
2. Mr. Brownstone
3. Chinese Democracy
4. Welcome to the Jungle
5. Double Talkin’ Jive
6. Better
7. Estranged
8. Live and Let Die (Wings cover)
9. Slither (Velvet Revolver cover)
10. Rocket Queen
11. Shadow of Your Love
12. You Could Be Mine
13. Attitude (Misfits cover)
14. Civil War
15. Coma (hier het hy die band introduce aan die crowd)
16. Slash Guitar Solo – Speak Softly Love (Love Theme van The Godfather)
17. Sweet Child O’ Mine
18. Wichita Lineman (Jimmy Webb cover)
19. Used to Love Her
20. Wish You Were Here (Pink Floyd cover)
21. November Rain (“Layla” intro met Axl op die grand piano)
22. Black Hole Sun (Soundgarden cover)
23. Knockin’ on Heaven’s Door (Bob Dylan cover)
24. Nightrain
Encore:
25. Patience (“Melissa” intro)
26. Don’t Cry
27. The Seeker (The Who cover)
28. Paradise City
Watkykjy staan op 3,110,942 post views in totaal sedert 1 November, 2019.