Ek het so jaar of twee ge-skip met my krismsresepte en het besluit om hierdie jaar ‘n maklike resep te deel wat julle ‘n shot kan gee. Kalkoen raak nou al fokken afgesaag en dit ruineer net jou beursie, so kom ons probeer iets cheaper en zef… dog stylvol en smaaklik.
2018 se somer voel of hy straight by jou boude uit sweet. Jirre dis fokken warm. Die hitte sal ‘n man se gees breek. Kom ons probeer ‘n resep of twee wat jy langs die swembad in jou cozzie met jou hande kan tand. Iets wat jou nie jare lank in die kombuis sal besig hou nie. ‘n Man wil sy dors ook les. Koue krismiskos vir die wen hierdie jaar! Varkvleis is deesdae nog semi-bekostigbaar, so kom ons vark uit!
Koue pulled pork ciabattas met koolslaai
Hierdie outjie werk die heel beste in ‘n slow cooker, want ek ken geen ander manier om dit te maak nie. As jy nie ‘n slow cooker het nie, gaan koop fokken dadelik een vir jouself vir Kersfees, want jou lewe gaan verander. Hulle is lekker cheap by Clicks. Jy sit die besigheid aan voor jy gaan doss en maak hom vinnig klaar in die oggend. Fokol moeite. Skoon kombuis.
Die Pulled pork bestanddele en instruksies:
2.5 kg varkblad
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
2 teelepels bruinsuiker
½ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel garlic
klein teelepelpunt rooipeper
2 teelepels smoked paprika – Ina Paarman se smoked paprika by Spar is die fokken shit!
2 teelepels ground cumin
so paar strooisels wit peper
so paar draaie ground swart peper
2 uie in kwarte ge-chop
1/3 koppie Worchestersous
‘n Six pack Savanna Dry. jy kan ‘n kas ook koop. Dit wat jy nie gebruik nie, moet jy suip.
1/2 koppie Jimmy’s Steakhouse sous
‘n Dosysn ciabatta rolls
Meng al die droë bestanddele en garlic deeglik saam en maseer daai varkie asof jy hom ‘n happy ending gee. Plaas die uie wat jy in kwarte gesny het op die bodem van die slow cooker en sit die varkie bo-op dit neer met die vetkant na bo. Jy kan die vet/vel voor die tyd verwyder as jy wil. Gooi jou 1/3 koppi Worchestersous egalig oor die varkie uit, gevolg deur ‘n 1/2 koppie Jimmy’s Steakhouse sous en een Savannah. Die varkie moet in hierdie gedoente lê soos ‘n seekoei se ore wat uitsteek. Of ‘n oom se medium boeppens in ‘n vol bad, so maak nog ‘n Savanna oop en voeg by soos nodig. Sit die slow cooker op “low” en los hom oornag vir 9 ure lank. Nou kan jy gaan zaber of draties kap of Fortnite speel.
Die volgende oggend kan jy die vet van die bokant af skim met ‘n lepel en van die vetterrige dele ontslae raak. Ek like vet (net op vleis), so ek los dit. Verwyder die vleis van die slow cooker, plaas dit in ‘n fancy bak waarin jy dit wil bedien om mense te impress en trek die pork met twee vurke uitmekaar. Maak dit toe en laat dit afkoel en sit dit in die yskas vir so uur lank om lekker koud te word. Jy kan nog Jimmy’s sous op die kant in ‘n mooi bakkie sit wanner jy opskep sodat mense hulleself kan help. Jy kan die juices ook eenkant hou as jou mense hulle broodjies wil dip. Jou gaste kan sommer self ook die pulled pork op hulle ciabatta broodjies skep saam met die koolslaai of die koolslaai apart opskep. Dit werk either way moerse befok.
Koolslaai:
Jy kan sommer ‘n pak koolslaai koop wat reeds gemix is of jy kan dit self dice. Dis basically net koolslaai en wortel. Jy kan bietjie spring onion bysny as jy wil hê mense moet dink jy is Naaigella.
Die dressing is die belangrike deel:
Jy klits ‘n halwe koppie mayo, 2 eetlepels suiker, 1 eetlepel asyn, 2 eetlepels suurlemoensap halwe teelepel gemaalde swart peper en ‘n kwart teelepel sout saam, tot dit smooth en creamy as fuck is.
Die einde.
Fokken maklik huh?
Hoekom moet Krismis altyd so fokken complicated wees? Try bietjie net vir een jaar iets cheap en basic soos vandag se resep. Pudding? Fokken roomys, jelly en koue custard so uit die boks uit. Of tjoklitsous.
En hier is vir jou nog bonuspunte: As jy Savanna koop kan jy jou rent/bond vir ‘n jaar lank wen. Nou, voor jy op jou perdjie spring – Savanna betaal my nie om hierdie te post nie. Ek is self nie ‘n moerse Savanna drinker nie, maar gaan ‘n kas koop en dit suip want ek wil iets try wen. Ek deel dit net met julle sodat jy weet van kak wat jy kan wen. En terselfde tyd hoop ek Savanna sien hierdie post raak en besluit om in die toekoms iets lekker saam met Watkykjy te doen.
“You could And you could win rent to the value of R180 000 for 2019 just by buying a Savanna and following the undercap instructions before 31 December. ”
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,049,179 post views in totaal sedert 1 November, 2019.