Hierdie naweek loop sommer reguit deur na Krismis toe. Dis nou as jy Maandag die 24ste sommer net ignoreer. Fokken simpel Maandag! Wat maak jy hier by Kersfees? Vat jou kak en trap! So as jy vandag bytel, kyk jy na 6 dae van dik chill oor die feesgety, wat noodwendig ook ‘n groot hoeveelheid TV-kyk insluit.
Ons het so paar voorstelle wat ‘n redelike befokte mix tussen local movies, short films en soortvan-internasionale kykgenot insluit. Showmax het veral hierdie jaar hulle keuse van plaaslike inhoud deurgaans verbeter en verbreed. Nie net die hoeveelheid nie, maar ook die kwaliteit wat ‘n moerse verligting is. Mens kry nie meer skaam om local productions te kyk nie.
Hier is ons voorstelle vir die superlangnaweek:
Inexaba
Kom ons begin eers by die “sleg” en kry dit uit die pad uit – Inexeba / The Wound.
Ek sê “sleg” want hierdie is nie almal se cup of tea nie. In fact, ongeveer net 5% van julle sal die movie kyk en daarvan hou, want dit deal absoluut met alles buite jou verwysingsraamwerk en comfort zone. Dis nie iets wat jy op Krismis moet kyk nie, want dit ruk effens aan jou siel. Kyk hom dalk reeds vanaad, sodat die ander movies jou spirit kan lig. Waaroor gaan Inexeba? Xolani, ‘n eensame fabriekswerker, sluit by die manne van sy gemeenskap in die Oos-Kaapse berge aan vir die tradisionele initiation ritueel in die berge. ‘n Doserige ou in die groep ontdek Xolani se donker geheim en sy hele lewe fok uitmekaar uit.
Hierdie movie het grootskaalse kak veroorsaak en is moontlik die film waaroor die meeste gepraat is in Suid-Afrikaanse movie-geskiedenis. Ons local cinemas is gedwing om screenings te kanselleer omdat die FPB ‘n stok in hulle hol gehad het. Hulle het dit as porn geklassifiseer (wat die glad nie is nie) en die Noord-Gautengse hooggeregshof het die klassifikasie omgekeer. Die oormatige protes teen die rolprent het die onstuimige homofobie wat steeds in groot dele van Suid-Afrika broei en borrel, ontbloot. So as jy homophobic is, kap ignore en hou dit eerder vir jouself want daar is nie salf te smeer nie …
Five Fingers For Marseilles
Maybe sien jy dalk meer kans vir Five Fingers For Marseilles – ‘n befokte Western wat in die Ooskaap geskiet is. Vinnige opsomming: Twintig jaar gelede het die jong “Five Fingers” gefight vir sy plattelandse dorp, Marseille, teen brutale polisie-onderdrukking. Nou kom Tau terug na Marseille en soek net bietjie rus en vrede op die plaaslike scene maar daar is ‘n nuwe bedreiging in sy klein dorpie en kak moet noodwendig spat en die arme bra moet boonop deal met sy verlede ook.
Die Wall Street Journal reken dit kan moontlik die Western weergawe van Black Panther wees. Hierdie movie het ons local ouens, Sean Drummond (skrywer) en Michael Mattews (director) in Hollywood laat beland waar hulle nou deur William Morris verteenwoordig word. Hierdie agency deal met al die Hollywood heavyweights soos Ben Affleck, Christian Bale, Michael Bay Halle Berry, Jake Gyllenhall en Denzel Washington om net ‘n paar te noem, so ons kan fokken trots wees op hierdie brasse! Dit alleen is genoeg rede om Five Fingers For Marseilles te kyk. Dis ‘n lekker Saterdagaand skop-skien-en-donner movie!
Fluit-Fluit
Jy gaan dadelik baie van Cindy Swanepoel, haar karakter en haar acting hou as jy nog nie op die kassie of die silwer skerm met haar kennisgemaak het nie. Fluit-Fluit is ‘n briljante mockumentary wat losweg op Ryne De Beer gebasseer is – ‘n predikantsvrou wat moerse lief daarvoor was om te fluit. In hierdie kortfilm laat sy (die karakter) ‘n kameraspan haar volg in en om haar huis om haar liefde vir fluit te dokumenteer. Gaan lees gerus op oor die regte Ryne de Beer. Dis ‘n klein paragrafie of twee op Wikipedia wat ek nou nie hier gaan repeat nie, maar dit pique nogal mense se interest.
Sowat ‘n jaar gelede het ek actually ‘n langspeelplaat van die Fluitende Predikantsvrou by Valiant Swart as geskenk gekry (as ‘n fokken grap, natuurlik) en nie veel verder gedink of gewonder oor wie of wat sy eintlik was nie.
Hierdie kortfilm is my gunsteling kortfilm vir 2018 en het my met meer vrae as antwoorde gelos. Daar is ‘n baie verassende en onverwagse twist en dus gaan ek verder eerder my bek hou en jou daarna laat kyk. Miskien moet ek die director, Hardus Van Deventer op ‘n stadium meer uitvra oor wie hierdie vrou regtig was en tot watter mate die documentary die waarheid verteenwoordig en hoe die ouens te werk gegaan het.
Krotoa
In Roberta Durrant se Krotoa (wat agt internasionale toekennings gewen het) het Crystal-Donna Roberts die beste aktrise SAFTA vir 2018 verdien vir haar rol as ‘n Khoi-vrou wat ‘n tolk vir Jan van Riebeeck geword het. Ek tick hierdie een af vir Sondag.
Vir Altyd
Jaco Smit se Vir Altyd is ‘n Mauritius-set romcom wat die main cast van Pad Na Jou Hart, Ivan Botha en DonnaLee Roberts reunite het. Vir Altyd was die suksesvolste Suid-Afrikaanse box office hit vir 2016.
Free State
Salmon de Jager se Free State gaan oor ‘n verbode liefdesverhouding tussen ‘n wit vrou (Nicola Breytenbach) en ‘n Indiërman (Andrew Govender) tydens apartheid.
Hierdie fliek het met die Grand Nile Prize by die Luxor African Film Festival in 2016 weggestap.
Vir die Voëls
Hierdie Afrikaanse romantiese komedie is geïnspireer deur die ware verhaal van Huisgenoot-leser, Irma Humpel wat ‘n jong bride-to-be in die laat sewentigs in Suid-Afrika was. Elligible bachelors was destyds op die grens vir diensplig en vroueregte was ‘n stadig ontwikkelende konsep in Suid-Afrika en verhoudings was noddefok ‘n Facebook-status nie.
Die movie het in 2016 die derdebeste by die box office gedoen.
Leading Lady
Henk Pretorius se Leading Lady met Katie McGrath (Supergirl), Gil Bellows (Ally McBeal) en Bok van Blerk (Platteland) is nog ‘n romantic comedy, hierdie keer oor ‘n Engelse aktrise, Jodi, wat ‘n siniese boer, Kobus Willemse, oortuig om haar voor te berei vir haar rol as ‘n Afrikaanse oorlogheldin. In ruil daarvoor onderneem sy om die jaarlikse konsert op die Willemse plaas te direct. Haar interaksie met die dorpie se mense laat haar besef dat daar meer tot die lewe is as bloot” ligte, kamera en aksie”.
Leading Lady het in 2014 derdebeste gedoen by die box office.
Love the One You Love
‘n Sex-line operator (Chi Mhende), ‘n dog handler (Andile Nebulane) en ‘n IT-nerd (Louw Venter) begin vermoed dat hulle romantiese verhoudings deel uitmaak van ‘n moerse bizarre conspiracy wat hulle vriende en familie insluit. Hierdie movie volg parallelle stories en bevraagteken die ideale van liefde en geluk in die nuwe Suid-Afrika.
Dit het in 2014 Best Film gewen by die Durban Film Festival.
Safe House
Wanneer ‘n safe house wat deur die CIA bedryf word ge-target word deur ‘n spul baddies, word dit die house-sitter se job om die krimineel wat hulle wegsteek, te transport na ‘n volgende plek van veilighied. ‘n Moerse befokte aksiefilm met Denzel Washington (Training Day) en Ryan Reynolds (Deadpool). Die beste deel?
Dit speel af in Kaapstad! Gaan kyk watter dele van Kaapstad jy herken!
Dan is daar natuurlik ook die rooikopstiefkind waaroor ons nie graag gesels nie, maar vir een of ander rede moet ons as Zefrikaners elke kersfees ook skelmpies ‘n fokken Leon Scuster movie kyk.
Schuks! Pay Back The Money is moontlik een van daai movies. Jirre, wanneer gaan Leon Schuster agterkom dat hy heeeeltemal verby sy sell-by date is?
As ons ‘n vinnige calculation doen van alles waaroor vandag gesels is (Leon se movie uitgesluit), kom ons by so 18 ure se local vermaak uit wat jou so 3 ure average se lui kykgenot per dag sal verskaf.
Met Showmax se free 14 dae trial sal jy ‘n vêr paadjie kan stap hierdie feesgety en daarna is dit slegs R99 per maand as jy wil aanhou subscribe, want dit is elke sent die moeite werd.
Dis fokken R8 cheaper as een movie ticket! Gaan lees dit op!
Watkykjy staan op 3,089,942 post views in totaal sedert 1 November, 2019.