1) Black Friday Deal 1: Laat die nasie inkoop op die gedagte dat jy daadwerklike verandering teweegbring en dan fok jy met hulle koppe. Hoe? Reshuffle jou kabinet en laat mense dink dis ‘n moerse goeie deal, maar dan skop jy nie Bathabile Dlamini, Minister van Vroue (like seriously, waddiefok) onder haar gat nie. Nee wat, Cyril. Jy’s duidelik meer black as binnegoed.
2) Black Friday Deal 2: Kyk Leon Schuster se nuwe fliek, Frank en Fearless, wat vandag in teaters begin draai het en jy kry fokkol van jou geld terug. Of jou tyd. Of jou trots. Volgens Schuster is hierdie anders as al sy vorige flieks. Hoekom? Nee, dis steeds nie snaaks nie. Dis net volgens hom ‘n waagstuk gewees. You don’t say. Asseblief Leon. Ken jou black. En dis nie voor, agter of in ‘n 5km radius van die kamera nie.
3) Black Friday Deal 3: Beurtkrag is terug. En, as jy ten duurste vir jou krag betaal, beloof Eskom hulle sal ook jou Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Saterdae, Sondae, vakansiedae, af dae, verjaarsdae, depressiewe dae, gelukkige dae en Kersdae Black maak.
4) Black Friday Deal 4: As jy nie van verrassings hou nie, is hierdie die deal vir jou. Patricia de Lille stig nuwe politieke party en beloof as jy vir haar stem, gee sy jou 15% ekstra afslag in dalende ondersteuning vir die DA in Wes-Kaap.
5) Black Friday Deal 5: Leen geld by banke hierdie week en kry 25 basispunte gratis! Fok ja! Dit kom na die Reserwebank die repokoers verhoog het en banke gevolg het met ‘n verhoging in die prima rentekoers. Dus, wanneer daai rekeninkie in die rooi is, kry dit sommer nou so skakering Black ook by. Bargain!
VANDAG SE VAT VYF WORD GEBORG DEUR BOUTIQUE FARM FESTIVAL
Watkykjy staan op 3,090,604 post views in totaal sedert 1 November, 2019.