1) Suid-Afrika. Land van pis en heuning. Nee regtig, ons landjie is weer op die internasionale kaart met “groen” bakstene gemaak uit sand, bakterieë en pis. Dis die brain child van twee pisgesig studente aan UCT en hul lektor. Tans word 30 liter urine benodig om een baksteen te maak en die urine word verskaf deur mansstudente aan die universiteit wat in ‘n spesiale urinal pis. Ek wag geduldig tot iemand agterkom hul kan bakstene maak uit die kak wat die EFF, ANC en DA in hierdie land aanvang. Die behuisingstekort sal binne ‘n week uitgewis wees!
2) Dis nie net in ons sonnige landjie waar jy groot marakkas kan maak as jy blank is en jou vel swart verf vir ‘n dress-up nie. Welkom in Holland waar druk aan die toeneem is rondom ‘n tradisionele Kersfees-karakter wie se gesig elke jaar swart geverf word. Hierdie jaar het ‘n anti-diskriminasie groep hof toe gegaan om te probeer keer dat die karakter, Zwarte Piet, wat die jolige helper is van Saint Nicholas, enige rassistiese ondertone exhibit. Die hof het vir die groepie gesê hulle moet liefs fokkof. Die groepie is waarskynlik tans besig om die regter in die saak se naam te probeer swart smeer.
3) Amor Vittone het haar pa se oë, haar ma se glimlag en haar vervreemde man se televisie. Hou op lag. Die arme vrou het bekendgemaak sy sal tot die dood toe veg teen die hof se beslissing dat sy net ‘n TV erf uit Joost van der Westhuizen se testament en dat sy dit vir die kinders doen. Dieselfde kinders wat reeds alles erf. Jirre, Amor. Give it a rest. Jy’s reeds ongewild – hoeveel laer wil jy daal? Nee Amor, daai’s nie ‘n dare nie. Amor. Kom terug. Fok!
4) Amor is darem nog gewilder as Malusi Gigaba. Net-net. Die omstrede Minister van Binnelandse Sake het hierdie week sommer twee keer bedank na stygende druk van oral af… eers as minister en toe as parlementslid. Dit kom na die seksvideo wat gelek het (Eeeeuwww!) en sy geliegery onder eed aan die lappe gekom het (dubbel Eeeeuwww!). Boonop is die posisie as ongewildste minister ook nou vakant, maar Bathabile Dlamini se aansoek is reeds ontvang.
5) Laastens maar nie die minste nie, oor na die land waar politieke keuses nog minder sin maak as in Suid-Afrika. Donald Trump het ‘n handsak-ontwerper wat in SA gebore is en grootgeword het, benoem as sy keuse vir die VSA ambassadeur vir Suid-Afrika. Lana Marks is die CEO van haar eie maatskappy wat sakke vir bekendes ontwerp (moontlik ook dié onder Trump se oë). Sy praat blykbaar Xhosa en Afrikaans ook. Wel. Dit kwalifiseer haar. Obvs.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,084,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.