1) Almal ken daai ou grappie waar Sannie vir Jannie vra om haar op ‘n stink plekkie te soen en hy dan antwoord dat hy noddefok nou Witbank toe gaan ry nie. Wel, Greenpeace het hierdie week Jannie ondersteun deur bekend te maak dat die groter Mpumalanga provinsie bo-aan hul lys verskyn van plekke met die hoogste vlakke van lugbesoedeling in die hele, wye, ganse wêreld. Mooi so, julle! In hierdie tye waar ons ou landjie telkens onderaan internasionale lysies verskyn, is dit verblydend dat vuil gedagtes sy plek volstaan!
2) ‘n Oorsese studie deur twee record labels het bevind dat klassieke musiek nie meer teen die regte tempo opgevoer word deur groot orkeste nie. Klaarblyklik voer die mak moere met hulle puntskoentjies en swart gewade van die musiekstukke 30% vinniger op as wat die composers dit intend het. Dis dalk wat ook gebeur met 90% van Afrikaanse musiek. Gerhard Steyn. Ray Dylan. Kurt Darren. Praat, manne! Wie forseer julle om soos chipmunks te worstel deur kak lirieke? Hierdie skandaal in klassieke musiek is ook moontlik die oorsaak vir die wêreld se dalende byegetalle, die gewildheid van Adam Sandler en die algehele verval van morele standaarde onder Amish gemeenskappe. Wel, niemand het nog die teendeel bewys nie en ek vermoed daar is heelwat meer agter hierdie orchestrated move.
3) Wanneer daar na ons Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, verwys word as ‘n gesiene man, het dit fokol te make met sy statuur in die politieke speelveld. Eerder met die feit dat hy met sy broek op sy enkels gevang is in ‘n video wat versprei is op sosiale media en deur baie gesien is. Sover is daar nie veel duidelikheid oor watter liederlike daad ou Brilletjies homself mee besig gehou het op die video clip nie, maar daar is ‘n sterk spesmaas dat dit iets te doene het met hom wat die land droogsuig. Maar wag. Daar’s meer. In dieselfde week kry Brilletjies bloedneus deurdat die Openbare Beskermer, Not-Thuli Madonsela, ‘n verslag bekend maak waarin hy gevinger word (Witbank-lesers, kry jul mind uit die gutter) as liegbek onder eed in ’n ou sakie teen een van die land se rykste families. En vir ‘n verandering rym daai familie se naam nie met Hupta, Pupta of Troepta nie. Nee. Eerder met Hoppenheimer, Kloppenheimer en Stoppenheimer. Iets te doene met Gigaba se goedkeuring vir die gebruik van geriewe by OR Tambo deur Fireblade Aviation waarvan Nicky Oppenheimer die voorsitter is.
Tiek-tok.
Gigaba’s gefok.
4) Gepraat van hoog probeer vlieg, ‘n nuwe dwelmmiddel wat as gegeurde tabak gedisguise is, het hierdie week ten minste 14 Pretorianers, insluitende kinders, in hospitale laat beland. Die ou dwelmpie is blykbaar vrylik te koop by sekere drank-, tabak-, seks- en snoepwinkels teen R45. Volgens die polisie, staan die nuwe dwelmpie bekend as Herbal Blend, Puff of Blazing en word dit in ‘n swart sakkie verkoop waarvan die inhoud baie soos dagga lyk. Nou, hou vas, want in ‘n totaal onverwagte verwikkeling, het elke Croc-draende, hang-tietende, net-in-die-week-sondigende, skelm-in-die-spens-drinkende en die-Bybel-waarskuwende Afrikanertannie, -oom, onlangs gedoopte jong dame of jagse two-tone hemp-draende jong man op sosiale media losgetrek met ‘n “Sien julle! Draks! Duiwels!”
Als in ‘n malle gejaag om eerste in die hemel te kom.
5) Laaste, maar nie die minste nie, het iemand met die naam Jade September haar tot die hof gewend vir haar reg om as ‘n inwoner van die Malmesbury-gevangenis toegelaat te word om bietjie grimering te dra en haar hare ietwat langer te dra. O. En Jade is transgender. Ook bekend as Jerome Benjamin, wat tans 15 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op ‘n 65-jarige Kapenaar terwyl hy/sy wat Jerome/Jade is onder die invloed van dwelms was. Ja. Sien julle! Draks! Duiwels! Lyk my seep laat val in die tjoekie is geen waarborg meer vir bietjie koekie.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,125,769 post views in totaal sedert 1 November, 2019.