Wat het ons vandag op die spyskaart? Niks anders nie as ‘n gerookte, wasige desert rockband vanuit Slaapstad. Hulle naam is Monstroid en hierdie is hulle 2017 album release genaamd Set 1. Check, dis uit-en-uit stoner rock maar hulle fokus meer op daai unieke Palm Desert en California klank, sou ek sê.
Ja, julle hardcore fans van bands soos Kyuss kan bietjie anaal raak as ons leuke daai California sound sommer so onder die breër stoner rock genre gaan staan en ingooi. Whatever, dudes. As jy in die seventies grootgeword het gaan jy anyways Black Sabbath, Hawkwind, Deep Purple en Blue Öyster Cult influences duidelik in hierdie musiek hoor. Maybe selfs Led Zeppelin ook.
So, meer moderner stoner rock was nooit ‘n totale heruitvinding van die rock and (roll) wiel nie. Die latere bands van die nineties se musiek was meer soos ‘n natuurlike progressie of evolusie na dié sound(s) toe wat ons vandag ken. Net soos die sixties en seventies rock bands evolve het uit die blues uit. Julle ken die geskiedenis mos.
Stoner rock is meestal gerafelde kitare, distorted bass met ‘n lekker groove, melodieuse vocals en bedonderde tromme. Monstroid is no different. Dra Monstroid by tot enige verdere evolusie wat stoner rock aanbetref? Nie rêrig nie, maar hulle gee ‘n respekvolle huldeblyk aan die bands wat hulle geniet en beïnvloed het oor die jare. Kyuss, Fu Manchu, Queens of the Stone Age en Truckfighters, onder andere.
At least probeer Monstroid nie soos daai fokken ander band net een spesifieke band se sound namaak (en dit dan ook nog downplay) nie. Nee, hulle inkorporeer eerder verskillende klanke en influences van al daai trailblasers, wat die genre ontwikkel het, in hulle offering in. Monstroid gee ten minste die genre hulle eie interpretasie en dis baie belangrik vir my, want daar is niks kakker as blatante onoorspronklikheid nie. Behalwe miskien as jy onoorspronklik is én musiek gaan leen én nie die nodige erkenning gee aan diegene by wie jy dit geleen het nie.
Dit het Monstroid twee jaar geneem om hierdie album klaar te maak en dis ‘n ware passion project wat ‘n klomp tjommies saam aangepak het. Wayne op kitaar en lead vocals, Larry op baskitaar en vocals, Andrew op rhythm kitaar, perkussie en vocals en Steven moer die tromme faktap. As jy ‘n fan van rock musiek oor die algemeen is gaan jy hierdie geniet, maar as jy die classic stoner of desert rock bands gereeld luister (en volg) gaan jy dié band fokken love en ek vermoed ook gereeld live wil kokkenodge.
Lekker tunes op die album? Lost in the Haze skop so af met ‘n riff wat amper te naby is aan Sabbath se Paranoid maar darem op sy eie voete kan staan. Die vocals is naby aan John Garcia s’n (ek neem aan Wayne sing so mooi) en die kitare het soms kief Josh Homme tones daar beet. Rocket is ‘n kick ass instrumental met high pitched guitar solos en drumming. My Mind is weer ‘n stadiger tune met ‘n Alternative Americana guitar riff en ‘n lekker vocal melodie. Die song Cruiser se vocals is ietwat helderder (en minder gritty) en dis ‘n lekker catchy roadtrip tune.
Check gerus die hele album uit!
Watkykjy staan op 3,085,545 post views in totaal sedert 1 November, 2019.