Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Klaende ekspats
Hulle het ‘n nuwe lewe gaan maak orsee maar dring steeds daarop aan om swartgallige briewe op Suid-Afrikaanse webwerwe te plaas en by elke geleentheid te kla oor hoe kak dit hier is. Dit pla hulle trouens soveel dat hulle meeste van hulle vrye tyd opgebruik word om mense in die Aaklige Suid-Afrika te kontak, te waarsku of af te maak.
Gewoonlik neem hulle dan hulle spaargeldjies en gaan blaas dit op Ouma Beskuit, biltong, Marmite, Mrs Balls en dubbelprys Castle bier in een of ander Suid-Afrikaanse pub waar die eienaar sy landgenote uitbuit en saam moan oor die “toestand van SA”. Hulle besef klaarblyklik nie dat Marmite eintlik nié ‘n Suid-Afrikaanse produk is nie.
Hoekom het julle so baie tyd op hande om te kak en te kerm? Ek dog Suid-Afrikaners word aangestel omdat hulle so “hardwerkend” is. Toe-toe, daai aarbeie gaan hulleself nie pluk nie. Laat jy wikkel!
.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,110,914 post views in totaal sedert 1 November, 2019.