Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Kassiere
Daar’s ‘n lieflike ironie in die diensindustrie. Die meeste mense wat aangestel is om met mense te werk, word beswaarlik genoeg betaal om daagliks tot by die werk te kom. Vat nou maar kassiere in regeringskantore, of my persoonlike gunsteling – kassiere in supermarkte.
Dooie oë groet jou as jy haastig begin om jou kruideniersware uit te pak. Om te help, sien, want die ry is lank en jy voel half skuldig. Lui-lui word jou aankope een vir een oor die skandeerder gesleep. Inevitably wil een nie skandeer nie. Die kassier probeer weer. Nee. Weer. En so gaan dit ‘n rukkie aan totdat hulle opgee en die honderd-nommer getal begin intik. Verkeerd. Weer. Teen dié tyd begin jy al verboureerd omkyk en met jou oë verskoning maak aan die lang ry mense agter jou. Met die prys uiteindlik opgespoor, beweeg dinge vorentoe. Oeps, die melk is twee maal ingelees.
“Controller! Controller!”
Controller is gewoonlik ‘n soortgelyke apatiese spesie wat met ‘n towersleuteltjie aangeslenter kom om die een item te kanselleer. Net eers die kode intik… Nee, wag, ja, daar gaan hy.
Nou vir die inpak…
Snaaks genoeg is daar net iemand wat help inpak as jy dit nie nodig het nie. Of die kassier besluit om handjie by te sit ten spyte van jou aanbod om dit self te doen en so die tyd te wen.
En vergeet daarvan om plasiek te probeer spaar. Vleis word sorgvuldig in hulle eie klein sakkies onder kwarantyn geplaas en skoonmaakprodukte kry hulle eie plastiekjassies. Terwyl jy moedeloos probeer keer en wys na die herwinde inkopiesakkie wat jy saamgebring het.
Dalk kan ‘n grootkop by Checkers of êrens vir my verduidelik hoekom kassiere nie reageer op enigiets wat ek sê nie. Het ek intussen doof geword en dit nie agtergekom nie of is hulle regitg besig om my flat-out te ignoreer?
Maybe moet die mense net meer betaal word. Hel, ek kan nie so aangaan nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,124,116 post views in totaal sedert 1 November, 2019.