Charlie King is ‘n Suid-Afrikaanse blues diva wat al ‘n hele paar jaar lank op die scene aan die werk is. Met musical influences soos Etta James, Koko Taylor, Big Mama Thornton, Janis Joplin, BB King, PJ Harvey en vele meer, sal haar fluweelstem jou in ‘n trance sit. In die elfde episode van Distilled wat verlede week live gegaan het (volg hulle Facebook page), team Charlie King op met Illimar Neitz op lead guitar en Estevan Kuhn op rhythm guitar vir ‘n lekker performance van so net onder die 20 minute.
Dis dalk nou ook ‘n goeie tyd om jou bewus te maak van #BFF2019 – die Boutique Farm Festival wat plaasvind by Tweefontein Melkery, net buitekant Kempton Park oor die naweek van die 25ste tot 27ste Januarie, 2019. Daar gaan meer as 20 bands wees en tickets word slegs online verkoop en daar is slegs 400 tickets beskikbaar. Die tickets is fokken cheap en jy kan vir jou ‘n befokte festival shirt ook bestel.
Meer info hierso, maar ons sal julle later ook weer in diepte daaroor vertel:
https://tickets.tixsa.co.za/event/boutique-farm-festival-2019
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.