Maak reg vir een van die kiefste mini-festivals en probably die enigste een in Januarie in Gauteng met die lekkerste bands op die line-up! Ons probeer bietjie iets nuuts en sal dit moerse waardeer as julle saamspeel en ons help om local musiek bietjie te boost. Teen Januarie het fokken niemand gewoonlik zak nie en niemand wil dit waag om bands in Januarie te book nie, want almal kak af. Ons wil probeer om dit te verander en wil vir almal ‘n lekker tyd gee.
[callout type=”left, center, right” title=”#BFF2019″ message=”Dus het ons meer as 20 befokte bands/artist gebook om deel te wees van die eerste Boutique Farm Festival wat plaasvind tussen 25-27 Januarie 2019, by die Tweefontein Melkery plaas. Ja, ons het sopas ‘plaas’ en ‘plaasvind’ in een sin gebruik, want ons love daai fokken plaas en wil hê jy moet die plaas vind! Dis so halfpad tussen Pretoria en Kempton. Dié van julle wat al by die pozzie was, weet watter befokte venue dit is en dié van julle wat nog nooit daar was nie – julle MOET die plek kom uitcheck. Dis een van die beste soortvan secret venues in Gauteng! Die festival gebeur presies twee maande van nou af en ons punt dit juis nou, terwyl daar van julle is wat nog zak het, voor Krismas vir jou ‘n nuwe poefgaatjie skeur. Ons wil hê dat jy ‘n kief naweek saam met ons en ‘n komp piele bands kom spandeer.
So gepraat van krismis – hoekom nie sommer vir jou tjommie of jou stukkie ‘n ticket koop na ons festival nie? Teen slegs R375 per ticket vir die hele naweek, val dit binne daai schweet Krimis present budget van tussen R300 en R500 waarvoor jy beplan het.” button_text=”Kry jou tickets!” href=”https://tickets.tixsa.co.za/event/boutique-farm-festival-2019″ target=”blank”]
[feature_headline type=”left, center, right” level=”h2″ looks_like=”h3″ icon=”lightbulb-o”]Check die befokte venue: [/feature_headline]
[custom_headline type=”left, center, right” level=”h4″ looks_like=”h4″ accent=”true”] Hoekom moet jy #BFF2019 bywoon?
Kom ons gee julle so paar genuine fokken goeie redes:[/custom_headline]
- Ons het 22 bands gebook vir die naweek, so dit werk jou net R17.05 per band uit
- Daar is slegs 400 kaartjies online beskikbaar vir die festival, want ons wil hê dat die bands ‘n lekker responsive crowd kan geniet maar terselfde tyd wil ons hê dat almal ‘n veilige en goeie tyd moet hê. Die venue kan 600 mense met gemak hanteer, maar ons wil dinge gemaklik, esklusief en veilig hou vir almal.
- Jy gaan die beste kos kan geniet by #BFF2019 – Capital Craft gaan daar wees met Pretoria (eintlik Gauteng) se beste burgers ooit, jy kan die heerlikste Pizza’s of koffie, tee en Milo bestel by Potsketf Potgieter en Braaiboy gaan daar wees met sy pulled pork zarms, cheese grillers en boerie rolls met die befoktste souse! As jy nie vir hierdie opsies te vinde is nie, bring dan jou eie kos of kom braai jou vleis by een van die braais wat jy in die video hierbo gesien het.
- Daar sal elke aand ‘ n lekker bonfire buite gemaak word waar jy lekker kan sit en kuier en grappies kakstories vertel.
- Daar sal ‘n groot fully stocked bar of twee binne by die stage wees om drinks en shooters te koop
- Buite by die stalletjies kan jy smullekker craft bier koop by either Leaky Tap Breweries of Cape Brewing Company, asook Mystic Boer Brandy specials.
- Ons dink daaraan om brannas floats ook te verkoop? Hmmmm…
- Die gawe meisies van Kuif & Baard gaan hulle hele barbershop oppak en kom opstel in die chappel by die Melkery om julle baarde en kuiwe befok mooi te maak teen goedkoop pryse, sodat jy 2019 vars kan begin. Gaan check gerus hulle Facebook page uit. Dis fokken fancy!
- Ons doen hierdie geensins om geld te maak nie. Ons reel hierdie fesitval absoluut vir die bands en die fans en probeer dinge so fair en goedkoop as moontlik hou. Gaan werk maar die somme vir jousself uit: R375 tickets x 400 mense = R150k. Dis die maksimum zak as on al die tickets verkoop. Uit daai budget moet ons 22 bands, ekstra toilette, sound, sound engineers vir 3 dae, die venue, staff en die online ticketing platform en hulle staff betaal.
- Jy kan hierdie befokte Telecaster wen wat deur Marshall Music gesponsor word as jy jou tickets voor 15 Desember koop! – die draw vind die Saterdagaand (26 Januarie) plaas, live van die stage af:
- Jy bring jou tent en kom camp verniet vir die hele naweek. Jy is welkom om jou eie coolerbox ook te bring, maar hou dit seblief in die camping area.
- Nadat die laaste bands elke aand gejol het, maak ons die dansvloer oop met gesoute DJs sodat jy jou biscuit kan skud tot in die vroë oggendure.
- Ons fok jou nie rond met cashless card systems nie, so bring kontant en jou kaart vir spys en drank en om so bietjjie van die bands se merch te koop om hulle te ondersteun.
- Gepraat van merch – jy kan jou festival shirt online pre-order. Ons het dit so goedkoop as moontlik gemaak. Ons charge R180 en hy word aan beide kante geprint op high quality shirts. Dit sal min of meer so lyk:
- Daar is nie stof en dorings wat jou naweek gaan opfok nie.
- Daar word min genoeg mense toeglaat deur ticket sales dat ons ‘n persoon wat hom soos ‘n kont gedra, op sy naam kan wegjaag.
- Ons het artists gebook wat instrumente speel, nie laptop hype nole nie. Ons DJs spin langspeelplate na middernag wanneer jy hulle nodig het om te dans. Black coffee is iets wat jy die volgende oggend kan geniet vir jou hangover.
- Geen onder 18s word toegelaat nie. Dis ‘n kindervrye festival, so as jy kinders het, is hierdie die ideale geleentheid om hulle na ouma toe te pos en te kom relax met befokte tunes en vriende. Kinders moet in elk geval nie sien hoe grootmense hulleself gedra op drank nie.
- Daar is net een befokte stage en dis alles onderdak saam met die bar en verskeie kuierhoekies, so die reën kan maar kom as hy wil.
- Dis fokken maklik om by die plaas (Tweefontein Melkery) uit te kom van enige location in Gauteng af. Dis ongeveer 40km buite Pretoria waarvan 30km op die R21 is, 8km op die R25 is en die laaste 2km op ‘n grondpad is wat net sowel ‘n teerpad kon gewees het. Dis ‘n easy trippie wat jou nie ‘n fortuin in petrol gaan kos nie.
Hier is ‘n map, kyk vir solank vir jouself:
[feature_headline type=”left, center, right” level=”h2″ looks_like=”h3″ icon=”lightbulb-o”] En check net die lekker bands wat ons vir julle gekry het! [/feature_headline]
[social type=”facebook”] Werner Bekker
[social type=”facebook”] Die Horries
[social type=”facebook”] The Amblers
[social type=”facebook”] Fritz Gun
[social type=”facebook”] Apocalypse Later
[social type=”facebook”] Charlie King Blues
[social type=”facebook”] Albert Meintjies
[social type=”facebook”] Wolfgang Marrow
[social type=”facebook”] Calling Kingston
[social type=”facebook”] Georgetown Band
[social type=”facebook”] Zionruts Family
[social type=”facebook”] Kenny Hughes
[social type=”facebook”] Die See
[social type=”facebook”] Son of Hawk
[social type=”facebook”] Greg & The Organics
[social type=”facebook”] Pedro Barbosa
[social type=”facebook”] Bad Peter
[social type=”facebook”] Valiant Swart
[social type=”facebook”] Velves
[social type=”facebook”] Radio Kalahari – RKO
[social type=”facebook”] WONDERboom
& nog so twee of drie acts!
Share hierdie asseblief so ver en wyd as wat jy kan! Ons sal dit moerse like om ‘n sukses van hierdie mini fesitval te maak. ‘n Gedeelte van elke band se performance word ook live gefilm, so jy kan famous wees en in hulle videos verskyn met ‘n dop in die hand!
Gaan join en attend asseblief ook die Facebook events page en share die kak uit dit uit.
Loop kry nou jou ticket en wees een van die lekker 400 mense!
Check jou daar!
Watkykjy staan op 3,124,266 post views in totaal sedert 1 November, 2019.