1) Mmamathe Makhekhe-Mokhuane is nie ‘n maklike naampie om uit te spreek nie. So mens kan nie help om te wonder hoe gereeld die Hoof van IT by SARS sukkel om haar eie naam uit te spreek nie. Aangesien sy ook sukkel met makliker woordjies en sinnetjies soos dit blyk uit ‘n onderhoud met die SABC die verlede week. Toe sy gepols word oor skere SARS-verwante bekommernisse, begin sy vreemde kak kwytraak en vra die onderhoudvoerder sommer vir beskerming vir haarself… teen die onderhoudvoerder. Toe volg sy dit later die dag op met ‘n verskyning voor die Nugent-kommissie oor ongerymdhede en begin praat oor die Drakensbergse Seunskoor wat steeds nie meisies toelaat nie. Ten minste, dis wat ek dink sy gesê het. Onsamefokkenhangend. En dis die persoon wat nie antwoorde het vir hoekom e-filing besig is om in duie te stort nie. Kan nie wag vir my volgende ontlastingsopgawe nie.
2) Suid-Afrika het ‘n nuwe provinsie. Boos-Kaap. Boos omdat die department van onderwys in die provinsie skole gevra het om saam te werk en ‘n databasis met die name van lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseksuele leerders saam te stel. Want, get this, hulle wil die databasis gebruik vir ‘n werksessie om bewusmaking te skep vir LGBTI-regte. A-nee-a maats. Ek kan dit nou al sien… “Abednego, jy speel mos nie rugby nie, so jy’s gay. Okei? Jou naampie is op die lys.” “Fransien-Jolet, jy dra darem baie langbroek. Spel tottie of jou naam is op die lys.”
#sulkesug
3) Die week se positiewe storie kom uit die Vrystaat waar ‘n skoolhoof geprys is vir sy besluit om matrieks aan sy skool na hul matriekafskeid te laat gaan in hul skooldrag. Dit kom nadat net ‘n kwart van die skool se matrieks laasjaar die afskeid bygewoon het omdat hul ouers werkloos was of daar eenvoudig net nie geld was om fancy-ass aan te trek en te fuif nie. Befokte idee. Want die jaarlikse gespog van matrieks om mekaar te probeer outdo het fenomenale finansiële proporsies begin aanneem. Die enigste ding duurder is ‘n Woolies avokadopeer.
4) In China het ‘n man met ‘n groot skok hierdie week besef dat die hond wat hy vir homself gekoop het om die alleenheid te help verdryf, eintlik ‘n rot is. Blykbaar ‘n bamboesrot. Nog ‘n groter verrassing is dat die tipe rot in sekere dele van China as ‘n delicacy voorberei word. Kan jy nou meer? Na hy hond se gedagte begin kry het, het hy besluit om die hond liewers “weg te gee” wat daartoe gelei het dat baie mense na hom as ‘n blafaard begin verwys het.
5) Almal se gunsteling TV-program wat die suksesvolle sangloopbaan van ten minste 1 en ‘n half sangers al gelaunch het, Idols SA, het hierdie week aangekondig dat hulle gasbeoordelaar hierdie week die pa is van internasionale superstar Beyoncé. Ja. Nie Beyoncé self nie. Haar pa. Way to go Idols SA. Fok. What next? Jurie Els se agterkleinniggie?
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.