1) Floyd Shivambu, onderhoofseun van die EFF, moes inderhaas hierdie week ‘n optometris gaan sien toe hy nie die fokken balk uit sy eie oog kon kry nie. Arme man. En dit nadat hy soveel ander gehelp het met die splinters in hulle oë. Nee kyk, as jy in ‘n glashuis bly, moet jy liewers nie klippe gooi nie. Maar vriend Shivambu gooi mos rotse. Nou kom dit uit dat sy broer R16 miljoen gescore het uit die intuimeling van VBS Bank. VBS – Verdomde Bliksemse Skelms. Van daai 16 miljoen, is 10 miljoen toe blykbaar na Floyd toe gekanaliseer en nog R1.3 miljoen na almal se morele kompas party, die EFF. En nou is hulle tjoepstil. Soos ‘n spul fokken hadedas te kere gegaan oor almal wat korrupteer en hoereer, maar noudat dinge bietjie nader aan die huis soos boontjiepoep begin ruik, nou is die EFF-besem waarmee voor hul eie deur gevee moet word, skoonveld.
2) Gepraat van Nene. Nene was tot Nounou nog ons Minister van Finansies. Maar toe liegies hy oor ontmoetings met die Guptas en so, en hy besluit toe maar om te bedank. Fok. Ten minste een ANC Minister wat weet wanneer dit tyd is om te gaan. Enter stage left Tito Mboweni. Onthou hom naampie? Die destydse klaskaptein van die Reserwebank wat hy so goed bestuur het. Anders as die Springbokke se reserwebank wat die afgelope naweek ons die game gekos het teen die All Blacks. Maar dit daar gelaat. Tito het moerse baie werk en groot uitdagings – resessie, buitelandse kommer, petrolprys, rentekoerse en musicians wat backtracks gebruik. Maar kom ons hou duim vas dat hy “skoon” is. Dalk is hy een van net 17 mense in die land wat nie iewers hand om die blaas was met die Guptas nie.
3) Die polisie in Brakpan het toegeslaan op ‘n haar- en naelsalon wat blykbaar as ‘n smoke screen gebruik is vir die verkoop van dwelms. Crystal meth, khat, dagga en daai pers kleursel vir ou tannies se hare is alles op die perseel gevind. Die straatwaarde van alles? R5 200. Jirlikheid. Vanaand kan ons rustig slaap mense. Sulke boewe. Maaifoedies. Gelukkig het die pote nou hulle bedrywighede, erm, kortgeknip. Die eienaar is gearresteer met ‘n warm tang nog in sy hand. Dan weer, dis Brakpan. Volop warm tange daar.
4) Jy kry darem maar tacky mense. ‘n Toesighouer by die Tekkie Town in PE is in die poef nadat sy ‘n 18-jarige werknemer gedwing het om met ‘n vernederende plakkaat in die winkelvenster te staan omdat sy blykbaar te raserig was in die winkel. Nadat die girltjie besef het dis nie ‘n grappie nie en gevra het of sy nou maar kan ophou, het die toesighouer haar mond toegeplak en haar hande agter haar rug vasgebind en gedwing om weer haar naam met ‘n plank te moer. #sulkebondagefantasy. #50shadesoftacky. Waddiefok gaan aan met mense? Pleks trap sy haar net uit. Kug.
5) Laastens, maar die minste… minste talentvol… minste ingelig… Almal se favourite musi-cunt, Kanye West, het hierdie week almal se gunsteling presi-cunt, Donald Trump ontmoet by die Wit Huis om te gesels oor ditjies en datjies. Op sy kop was ‘n rooi “Make America Great Again” petjie en hy het Trump in monoloog van babble wat 10 minute geduur het, bedank daarvoor deur te sê dis soos ‘n Superman mantel. Sulke koppiekrap. The world has officially gone mad.
Watkykjy staan op 3,090,243 post views in totaal sedert 1 November, 2019.